Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Oomblik toe Cecilia hoor wat is haar straf

Cecilia Steyn, veroordeelde baasbrein van die Krugersdorp-moordbende, het nie geblik of bloos toe regter Ellem Jacob Francishaar Maandagoggend 13 lewenslange vonnisse plus nog 155 jaar oplê nie.

Cecilia is saam met twee van haar bende se voetsoldate, Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21), in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.

Sy is gevonnis vir die volgende:

1. Lewenslank vir rampokkery (bestuur van of deelname aan ’n onderneming deur ’n patroon van rampokkerbedrywighede);

2. Lewenslank vir die bestuur van ’n onderneming (Electus per Deus) wat ’n patroon van rampokkery gevolg het;

3. Agt jaar vir intimidasie weens bomme, brandstigting by die Lighthouse Full Gospel Church in Randburg en die stuur van SMS-dreigemente om Ria Grunewald en haar bediening, Overcomers Through Christ, te intimideer en vrees by hulle in te boesem;

4. Agt jaar vir bomontploffings op 11 Julie 2012 in Noordheuwel, Krugersdorp, waar lewens en eiendom bedreig is;

5. Drie jaar vir die kwaadwillige beskadiging van eiendom deur bomontploffings op 11 Julie in Noordheuwel, Krugersdorp;

6. Lewenslank vir die moord op die 33-jarige prokureur Natacha Burger, Ria Grunewald se vertroueling (27 Julie 2012);

7. Lewenslank vir moord op die 63-jarige Joy Boonzaier, Burger se buurvrou, met die doel om Burger by te kom (27 Julie 2012);

8. Lewenslank vir moord op die 76-jarige Reg Bendixen, ’n afgetrede pastoor, en Ria Grunewald se mentor (13 Augustus 2012);

9. Lewenslank vir moord op die 23-jarige Mikeila Valentine, Valentine se vrou, omdat sy die moordbende wou verlaat (4 Oktober 2012);

10. 14 jaar vir sameswering tot moord op Joshua Grunewald, Ria se seun (2013);

11. Lewenslank vir moord op die 51-jarige Peter Meyer, ’n sakeman van Krugersdorp;

12. Lewenslank vir moord op die 47-jarige Joan Meyer, sakevrou en eggenoot van Peter Meyer van Krugersdorp;

13. 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede in die Meyer-moorde;

14. Twee jaar vir diefstal met betrekking tot mnr. X se identiteitsdokument in 2013;

15. Twee jaar vir bedrog – gee voor Valentine is mnr. X deur mnr. X se identiteitsdokument aan te pas en te gebruik (6 Junie 2013 tot 26 Junie 2016);

16. Twee jaar vir bedrog met betrekking tot die identiteit van Jarod Jackson by die lykshuis – bedrieg die staatslykshuis deur voor te gee die verkoolde lyk van Jackson is dié van Valentine;

17. Twee jaar vir bedrog met betrekking tot die identiteit van Jarod Jackson by die begrafnisondernemer – bedrieg Martin’s Funerals deur voor te gee die verkoolde lyk van Jackson is dié van Valentine;

18. Twee jaar vir bedrog ten opsigte van die departement van binnelandse sake (21 Desember 2015) – bedrieg die departement deur voor te gee Valentine is dood ten einde ’n vervalste doodsertifikaat te bekom;

19. 15 jaar vir bedrog ten opsigte van Discovery Life – probeer Discovery bedrieg om ’n lewenspolis van nagenoeg R3,5 miljoen te laat uitbetaal deur voor te gee Valentine is dood;

20. Twee jaar vir regsverydeling, deur Valentine se dood te versin en Jackson te vermoor met die doel om ’n lewenspolis te bekom;

21. Lewenslank vir die moord op die 41-jarige Jackson (16 Desember 2015) as deel van die plan om Valentine se dood te versin;

22. Lewenslank vir die moord op die 57-jarige Glen McGregor in sy huis in Randfontein (26 Januarie 2016);

23. 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede (Glen McGregor se moord) – die moordenaars roof sy selfoon en steel R6 000 uit sy bankrekening;

24. Lewenslank vir die moord op die 60-jarige Anthony (Tony) Scholefield, ’n finansiële makelaar, in die moordbende se woonstel (10 Mei 2016);

25. 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede (Anthony Scholefield se moord) – die moordenaars roof sy Honda CRV-voertuig, ’n selfoon, ’n skootrekenaar, ’n tablet en ’n beursie met bankkaarte;

26. Twee jaar vir kredietkaartbedrog met betrekking tot Anthony Scholefield – die veroordeeldes doen inkopies of trek voordeel uit inkopies wat met die gesteelde bankkaarte gekoop is;

27. Lewenslank vir die moord op die 29-jarige Kevin McAlpine, ’n finansiële makelaar, in die moordbende se woonstel (26 Mei 2016);

28. 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede (Kevin Mc Alpine se moord). Die moordenaars roof ’n silwer BMW, ’n selfoon, ’n skootrekenaar, horlosie, trouring, John Duke-skoene, ’n beursie met bankkaarte en trek R1 300 uit sy rekening;

29. Lewenslank vir die moord op die 52-jarige Hanlé Lategan, ’n eiendomsagent, in die moordbende se woonstel (30 Mei 2016);

30. 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede (Hanlé Lategan se moord) – die moordenaars roof ’n selfoon, horlosie, diamantring, beursie met bankkaarte en trek R3 000 uit haar rekening;

31. 15 jaar vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens (ses vuurwapens ter sprake); en

32. Drie jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.