Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Hof beveel polisie om betreders te verwyder

Die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, het die polisie Woensdag beveel om die balju by te staan om grondgrypers van ’n plaas naby Rustenburg te verwyder.

Dít nadat AfriForum die hof namens Fernando Goncalves, die plaaseienaar, genader het.

Die grondgrypers die afgelope naweek op Fernando Goncalves se plaas naby Rustenburg in Noordwes.

Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder by AfriForum, sê Goncalves was in Welkom in die Vrystaat toe sy bure hom Saterdag laat weet het mense beset sy grond. Hulle het dadelik begin om erwe uit te meet en strukture op te rig.

“Fernando het dadelik teruggejaag en is Sondag na die polisiekantoor in Rustenburg om hulp te vra om die betreders te verwyder.”

Lede van die Rustenburgse polisiekantoor het glo geweier om ’n saak van betreding te open.

“Hulle het wel twee lede na die plaas gestuur, maar Fernando sê die lede het net vir hom gelag en weer gery toe hy vra hulle moet help om die betreders te verwyder,” sê Kamfer.

Dit was toe dat Goncalves AfriForum se hulp gevra het vir die dringende aansoek om die grondgrypers te verwyder.

Kamfer sê die polisie kán betreders in hegtenis neem terwyl hulle klaar besig is om strukture op te rig omdat hulle dan nog nie daarin woon nie en onwettig op die stuk grond is.

“Dis egter weens die polisie se nalatigheid om nie vinnig genoeg teen betreders op te tree nie, dat hulle kans kry om hul intrek in die strukture te neem. Sodra dit gebeur, is ’n hofbevel nodig om hulle te verwyder. Dit kos slagoffers van grondgrype baie geld.

“Indien die polisie tydig teen die betreders optree, kan hulle die toekomstige misdryf van grondgrype en onnodige koste om dit te beveg voorkom.”

Van die strukture wat die betreders die naweek op Fernando Goncalves se plaas naby Rustenburg in Noordwes begin oprig het.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, het egter Woensdag gesê dat ’n grondeienaar ingevolge art. 4 (1) van die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond (wet 19 van 1998) iemand slegs met ’n hofbevel wettiglik van sy of haar grond kan verwyder.

Volgens Mokgwabone ís ’n saak van betreding by die Rustenburg-polisiekantoor aanhangig gemaak en word dit ondersoek.

“Die eienaar is gekontak en aangeraai om aansoek te doen vir ’n uitsettingsbevel omdat strukture reeds opgerig is. Die polisie lewer ’n professionele diens en kan mense nie verwyder sonder om die regte prosedures te volg nie.”

Kamfer het Woensdagmiddag gesê Goncalves het nog geen kennisgewing van die polisie met ’n saaknommer gekry nie.

Meer oor:  Afriforum  |  Fernando Goncalves  |  Rustenburg  |  Noordwes  |  Uitsettingsbevel  |  Grondgrypers  |  Hof  |  Betreders  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.