Honderde mense het Vrydag by die landdroshof in Goodwood opgedaag waar Tazne van Wyk (8) se vermeende ontvoerder en moordenaar sy eerste verskyning gaan maak.
Die hofsaal was propvol en lede van die polisie moes fisiek die deur toedruk om te keer dat nog mense binnekom. 'n Groep het egter die deur oopgedwing.

Die propvol hofsaal waar Moyhdine Pangarker Vrydagoggend verskyn het. Foto: Jaco Marais
Moyhdine Pangarker verskyn vandag vir die eerste keer in die hof op aanklagte van ontvoering en moord. Hy word daarvan aangekla dat hy Tazne op 7 Februarie vanuit Clarestraat, Connaught Estate, Elsiesrivier in Kaapstad, ontvoer en daarna vermoor het. Haar lyk is Woensdagaand kort ná 23:00 in ’n stormwaterpyp langs die N1 buite Worcester gevind.
Mense het vroeër buite die hof met plakkate betoog en gevra dat borgtog nie aan Pangarker toegestaan word nie.

Lede van die polisie probeer die hof se deur toe hou. Foto: Maygene de Wee

Betogers in Goodwood se strate naby die landdroshof waar die saak teen Tazne van Wyk (8) se vermeende ontvoerder en moordenaar, Moyhdine Pangarker, vandag voorkom. Foto: Jaco Marais

Mense het hul woede oor Tazne se moord op plakkate uitgedruk. Foto: Jaco Marais

Van die betogers eis dat Pangarker nie op borgtog vrygelaat word nie. Foto: Jaco Marais

Betogers het die vraag gevra hoeveel kinders nog vermoor gaan word, net soos Tazne se familie Donderdag wat ook voel die doodstraf moet teruggebring word. Foto: Jaco Marais