Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Malema, Ndlozi skel regsman in hof

Julius Malema, EFF-leier, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, het Donderdag ’n regsverteenwoordiger in die Randburg-landdroshof uitgetrap.

Die regsman het die verhoor bygewoon waarin Malema en Ndlozi op aanklagte van aanranding teregstaan.

Die konfrontasie het tydens ’n verdaging van die hof gebeur.

Hulle het die man uitgetrap oor waar hy sit en hom daarvan beskuldig dat hy mense pla.

“Jy steur getuies. Jy blokkeer die ingang met jou lang bene,” het Malema aan die man gesê, terwyl Ndlozi ook in die voorval “leuenaar, leuenaar” geskree het.

Nadat Malema en Ndlozi hul sitplekke in die hof ingeneem en die man geskuif het, het hulle aangehou om verwyte na hom te slinger.

Die verhoor is daarna hervat.

Venter het Woensdag op die eerste dag van die verhoor begin getuig en word steeds kruisondervra.

Malema en Ndlozi word daarvan aangekla dat hulle lt.kol. Johannes Jacobus Venter in 2018 by Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis aangerand het.

’n Handvol EFF-ondersteuners het teen 07:00 buite die hof begin saamdrom.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, en Julius Malema, EFF-leier, Donderdagoggend in die hof. Foto: Brümilda Swartbooi

Meer oor:  Aanrandingsaak  |  Malema
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.