Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Mbalula by hof waar 4 wat glo treine brand vrygelaat word

Vier vermeende brandstigters is Maandag vrygelaat nadat skade van sowat R50 miljoen in Desember aan treinwaens en infrastruktuur in Braamfontein aangerig is.

“Ons laat niemand vry nie, maar hou by die Grondwet en die land se strafproses,” sê Pumeza Futshane, hoofaanklaer by die landdroshof in Johannesburg.

Volgens Futshane is die saak van die rol geskrap “sodat genoegsame bewyse bymekaargemaak kan word en die aanklaers ’n waterdigte saak het sodat geregtigheid kan seëvier”.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, was Maandag by die hof en sê dat sulke misdadige optrede “’n bedreiging vir die nasionale veiligheid en ekonomie” van die land inhou.

“Die kwessie van koperkabeldiefstal kan ook nie meer as ’n gewone saak hanteer word nie. Dit moet ingevolge die reg as ekonomiese sabotasie gedefinieer word,” sê hy.

“Die diefstal en vernietiging van infrastruktuur by Prasa (die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika) het ’n negatiewe impak op die lewering van ’n veilige en betroubare treindiens aan miljoene pendelaars wat daagliks daarvan afhanklik is as hul enigste manier van vervoer.”

Hy sê dat “misdaadsindikate” verantwoordelik is vir die diefstal en vernietiging van toerusting by Prasa en dat wetstoepassers saam moet werk om dié misdadigers te stuit.

Mbalula het Prasa in Desember 12 maande onder administrasie geplaas om die organisasie te stabiliseer.

Pumeza Futshane, hoofaanklaer by die landdroshof in Johannesburg, Fikile Mbalula, minister van vervoer, en Makhosini Mgitywa, woordvoerder van Prasa, Maandag buite dié hof. Foto: Werner Beukes

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Johannesburg  |  Braamfontein  |  Brandstigting  |  Treinwaens  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.