Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Mbalula ‘vertrou’ steeds op hof ná vrylating

Fikile Mbalula, minister van vervoer, glo dat Suid-Afrika genoeg hulpbronne het om diegene wat hulself skuldig maak aan diefstal en die vernietiging van treine en infrastruktuur doeltreffend aan die kaak te stel.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, saam met Pumeza Futshane, hoofaanklaer (links) en Makhosini Mgitywa, woordvoerder van Prasa (regs), Maandag buite die landdroshof in Johannesburg. Foto: Werner Beukes

Mbalula se reaksie volg desondanks die vrylating van vier vermeende brandstigters Maandag by die landdroshof in Johannesburg weens die gebrek aan bewyse vir vervolging.

Die saak, wat van die hofrol geskrap is, behels die beskadiging aan treinwaens en infrastruktuur in Braamfontein in Desember wat sowat R50 miljoen beloop.

“Ek glo ons het die nodige hulpbronne om die sindikate wat hul skuldig maak aan sulke misdrywe in hul spore te stuit en tronk toe te stuur,” sê Mbalula, wat ook Maandag by die hof was.

Volgens hom hou sulke misdadige optrede nie net ’n bedreiging in vir die nasionale veiligheid nie, maar ook vir die land se reeds sukkelende ekonomie.

“Koperkabeldiefstal kan ook nie meer as ’n gewone saak hanteer word nie. Dit moet ingevolge die reg as ekonomiese sabotasie gedefinieer word,” het Mbalula Maandag buite die landdroshof in Johannesburg waar vier vermeende brandstigters verskyn het, gesê. Foto: Werner Beukes

“Geld is die dryfveer agter hierdie optrede. Die toerusting, hetsy dit nou koperkabels of ander komponente van treine is, word op die swartmark teen reusebedrae verkwansel. Sindikate is diep ingegrawe en moet oopgevlek word. Ek het steeds volle vertroue in ons wetstoepassers en die regstelsel,” sê Mbalula.

“Koperkabeldiefstal kan ook nie meer as ’n gewone saak hanteer word nie. Dit moet ingevolge die reg as ekonomiese sabotasie gedefinieer word. Die diefstal en vernietiging van infrastruktuur by Prasa (die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika) het ’n negatiewe invloed op die lewering van ’n veilige en betroubare treindiens aan miljoene pendelaars wat daagliks daarvan afhanklik is as hul enigste manier van vervoer,” sê Mbalula, wat Prasa in Desember 12 maande onder administrasie geplaas het om die organisasie te stabiliseer.

“Ons laat niemand vry nie, maar hou by die Grondwet en die land se strafproses,” het Pumeza Futshane, hoofaanklaer by die landdroshof in Johannesburg, verduidelik. Volgens Futshane moet “voldoende bewyse bymekaargemaak word en die aanklaers ’n waterdigte saak het sodat geregtigheid kan seëvier.”

* Intussen het Makhosini Mgitywa, woordvoerder van Prasa, bewerings ontken dat die treindiens pendelaars se lewens op die spel plaas deur uitgediende remblokke op hul treine te gebruik. “Die remblokke op treine word gereeld vervang. Dit bly ’n prioriteit vir Prasa om die veiligheid van pendelaars te verseker. Soos wat ’n eienaar van ’n motor sy remskoene vervang, word ’n trein se remblokke binne ’n spesifieke periode vervang. Die treine wat Desember aan die brand gesteek is, het juis by die depot in Braamfontein gestaan vir herstelwerk.”

Mgitywa se reaksie volg op bewerings deur die DA dat Prasa ’n tekort aan nuwe remblokke het.

City Press het op 3 Februarie berig ná ’n inspeksie deur die Spoorveiligheidsreguleerder (VSR) by Prasa se depot in Braamfontein is gevind dat die treindiens nie enige nuwe remblokke het nie. Luidens dié berig het Prasa, met die uitsluiting van Durban, geen nuwe remblokke vir die afgelope ses maande gekoop nie. Madelein Williams, woordvoerder vir VSR, se kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, saam met Pumeza Futshane, hoofaanklaer (links) en Makhosini Mgitywa, woordvoerder van Prasa (regs), Maandag buite die landdroshof in Johannesburg. Foto: Werner Beukes
Fikile Mbalula, minister van vervoer, saam met Makhosini Mgitywa, woordvoerder van Prasa (regs), Maandag buite die landdroshof in Johannesburg. Foto: Werner Beukes

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Johannesburg  |  Treine  |  Infrastruktuur  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.