Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Modack minstens nog ’n week agter tralies

Die saak teen Nafiz Modack (39), ’n vermeende rolspeler in die Kaapse onderwêreld, en sy medebeskuldigdes is Vrydag in die landdroshof in Kaapstad tot 14 Mei uitgestel.

’n Borgtogaansoek sal na verwagting dan eers aangehoor word.

’n Groep mense het met plakkate voor die hofgebou gestaan om hul steun aan Modack te betoon.

Modack het verskyn in verband met drie verskillende sake.

Nafiz Modack verlaat Vrydagoggend die hofgebou ná sy hofverskyning. Foto: Jaco Marais

In die eerste saak het Modack saam met Jacques Cronjé (50) en Ricardo Morgan (36) op aanklagte van afpersing, intimidasie, ontvoering, geldwassery en die onderskepping van kommunikasie verskyn.

Die aanklagte hou verband met die beweerde ontvoering en intimidasie van Sameer Vallie in Maart 2020.

Jacques Cronjé (agter) verlaat die hofgebou. Voor hom loop een van die ondersoekbeamptes. Foto: Jaco Marais
Ricardo Morgan verlaat die hof. Foto: Jaco Marais

Zane Kilian, wat teregstaan op aanklagte dat hy selfone nagespoor het toe moorde op die prokureur William Booth en lt.kol. Charl Kinnear beplan is, is as ’n beskuldigde in die saak bygevoeg.

Booth (65) het die aanslag op sy lewe voor sy huis in Higgovale op 9 April 2020 oorleef. Kinnear (52), een van die bevelvoerders van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, is op 22 September voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet.

Modack is op 29 April naby Century City in Kaapstad in hegtenis geneem deur lede van die geïntegreerde taakspan wat aangestel is om die moord op Kinnear te ondersoek.

In die tweede saak het Modack saam met Morgan op aanklagte van sameswering om moord te pleeg en poging tot moord verskyn.

Die aanklagte hou verband met die mislukte huurmoordaanval op Booth.

In die derde saak het Modack verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, poging tot moord en verset teen inhegtenisneming.

Die hof het gehoor die sake gaan almal saamgevoeg word. Die borgtogaansoek sal in die streekhof in Blue Downs aangehoor word.

Ondersteuners van Nafiz Modack Vrydagoggend buite die landdroshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Jacques Cronjé  |  Kaapstad  |  Nafiz Modack  |  Kaapse Onderwêreld  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.