Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Packham bel Gill 'net twee keer,' terwyl hy haar soek

  • Rob Packham, sakeman van Constantia, Kaapstad, wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou, Gill Packham, in Februarie 2018 vermoor en haar BMW-motor met haar lyk daarin aan die brand gesteek het, se verhoor het vandag voortgeduur in die hooggeregshof in Kaapstad.
  • Packham het Maandag in sy eie verdediging begin getuig.
  • Regter Elize Steyn hoor die saak aan, adv. Susan Galloway is die aanklaer en adv.Craig Webster verdedig vir Packham.
  • Packham was ten tyde van die gebeure die hoofbestuurder van die koeldrankmaatskappy Twizza. Hy ontken skuld op die aanklagte.
  • Gill se lyk is in die kattebak van die egpaar se uitgebrande BMW by die Dieprivier-spoorwegstasie gevind.
15 Apr. 15:24:51

Die verhoor word tot Dinsdag uitgestel.

15 Apr. 15:24:25

Adv. Craig Webster maak beswaar. Hy sê dat Packham nie die rekord voor hom het nie, dit benadeel hom.

Galloway: Ek het nie 'n ekstra afskrif nie - ek kan dit beskikbaar maak aan die getuie - dis net vyf blaaie wat ek uitgedruk  het.

Webster voer aan daar is 'n toegewing wat gemaak is wat die staat geïgnoreer het. Nie alles word aan die getuie gevra nie. Die punt is, dit gaan oor of Gill die werkplek sou besoek.

Indien die getuie bevraagteken word op sekere aspekte, moet hy 'n regverdige kans gegun word om sy kant te stel en die rekord by hom te hê, sê Webster.

15 Apr. 15:20:14

Galloway: Mnr van Rensburg se getuienis was om 12:23 het jy hom gebel en 'n versoek aan hom gerig. 

Packham: Dit is reg.

Galloway: Hoekom nou weer?

Packham: Daardie oggend het ek oral gesoek vir Gill, ek het nie geweet wat om volgende te doen nie. Ek het toe besef sy kon my by die  werk gaan soek het en daarom het ek die werk gebel.

Galloway: Sy kon jou toe al by die werk gesoek het?

Packham: Ek was nie seker nie.

Galloway: Het jy hom gevra of hy alleen was en dat hy weg moet skuif van ander mense?

Packham: Ek wou nie gehad het dit moes 'n kwessie by die werk word nie.

Galloway: Maar jou vrou was vermis, hoekom sou jy dit vra - almal daar het geweet julle het huweliksprobleme?

Packham: Ek het vir hom gesê Gill is vermis, dit was nie skinder oor my verhouding met my vrou nie.

Galloway: Presies wat het jy vir hom gevra?

Galloway: Hy het gesê as enigiemand die werk bel. Van Rensburg het spesifiek gesê as Gill bel, moet Van Rensburg sê dat Packham sedert die oggend by die werk was.

15 Apr. 15:19:13

Galloway verwys nou na die tye wat Packham op die dag gesien is wat Gill soek geraak het.

Die eerste keer wat Packham die dag gesien is, is om sowat 9:47 die oggend by Twizza.

Packham bevestig dit.

Galloway: As 'n mens kyk na 09:53, die foon is aangeskakel, dis toe jy by Twizza aangekom het.

Packham: Dit is reg.

15 Apr. 15:09:25

Galloway verwys na videomateriaal wat Gill se BMW wys en dat dit deur 'n wit man bestuur word.

Packham sê dit lyk so ja. Hy het nie die BMW toe gesien nie, hy het 'n ander pad gery.

Galloway sê toe sy vrou se voertuig om 7:34 afgeneem is in Rieslingstraat, is dit sy wat die motor bestuur?

Packham sê dit is nie wat hy sê nie. Hy weet nie wie die motor toe bestuur het nie.

Galloway verwys nou na die motor se voorste nommerplaat wat afgehaal was volgens die videomateriaal van die motor wat om 7:34 geneem is.

Packham sê hy kan dit sien. Hy weet nie hoe dit gebeur het nie.

15 Apr. 15:03:21

Packham bel sy vrou wat verdwyn se foon 'net twee keer'

Galloway getuig nou oor Packham se bewering dat hy rondgery het om Gill te gaan soek. Hy het nie haar BMW gesien nie.

Packham sê nee.

Galloway vra oor die twee keer wat Packham vir Gill gebel het.

Packham sê hy het twee keer gebel en dit was duidelik haar foon is afgeskakel. Ander familie het ook gebel en bevestig die foon is af.

Galloway vra of hy die hele dag net die twee keer gebel het. Packham sê dit is korrek.

15 Apr. 15:00:35

Galloway verwys na die lykskouing en dat die outopsie gewys het daar was 'n merk van waarskynlik 'n armstut.

Packham sê dit stem nie ooreen met die wond waarna hy verwys nie. Dit is twee goed. Hy weet nie hoekom die lykskouing 'n merk op die ander hand wys en waar dit vandaan kom nie.

15 Apr. 14:57:46

Galloway vra Packham nou oor sy weergawe van die oggend toe Gill werk toe gegaan het.

Volgens jou was jou vrou gesond en sy het weggery om na Springfield-skool te gaan. Sy het met haar BMW gery.

Packham sê dit is korrek.

Galloway vra hom nou oor sy getuienis dat Gill haar arm gesny het toe sy besig was om bottels te herwin en agterin sy motor gesit het.

Galloway vra aan Packham hoekom hy nie getuig het dat hy self die sny gesien het nie. Packham sê hy het die pleister gesien en Gill het gesê sy het haarself gesny, maar hy het nie self die wond gesien nie. 

15 Apr. 14:54:02

Packham gee vir verskillende mense verskillende stories oor sy huwelik

Galloway: Maar jy het jou foon afgeskakel wanneer jy nie wou hê sy moes weet waar jy is nie.

Packham: Ja.

Packham sê hy het steeds gaan "koffie drink" saam met Getuie X. "Om saam met iemand te gaan koffie drink, beteken nie ons het steeds 'n verhouding gehad nie."

Galloway sê die verhouding tussen Packham en Gatuie X het eers op 21 Maart geëindig toe Getuie X dit gedoen het. Sy vra hoekom het Packham steeds aangehou om met haar kontak te maak.

Packham sê hy het inligting ontvang wat teenstrydig was met vriende s'n, naamlik dat Getuie X nie noodwendig die verhouding wou beëindig nie, maar net sku was vir die media-aandag.

Galloway vra of Packham 'n boodskap aan Getuie X gestuur het dat die drama binnekort verby sal wees, en dat hulle dan in vrede saam kan wees.

Packham sê dit was sodat hulle mekaar weer kon sien.

Galloway vra of hy die indruk by Getuie X geskep het dat Packham bedoel hulle dan saam sal wees in 'n verhouding.

Galloway vra of dit so is dat hy aan een groep mense sê hy werk aan sy verhouding en probeer dit red en dan aan 'n ander groep mense sê hy wil aangaan met sy verhouding met Getuie X. En dat dit twee teenstrydige boodskappe is.

Packham sê dit is korrek.

15 Apr. 14:45:21

Gill het Packham agtervolg oor wantroue

Packham sê daar was geen druk of sperdatum oor 'n egskeiding nie.

Galloway vra of daar in sy gesprek op 21 Februarie met Getuie X genoem is dat daar 'n finale besluit geneem word.

Packham sê hy en Gill en Getuie X was deeglik daarvan bewus dat daar 'n besluit geneem sal moet word.

Galloway vra weer vir Packham oor sy woorde dat hy sy lewe lief het maar nie sy vrou nie.

Packham sê dit was sy woorde, hy het dit iewers in 2016 gesê.

Galloway sê Gill het in 2018 gesukkel om Packham te vertrou. Sy sou hom agtervolg en by sy kollegas uitvind of hy by die werk is.

Hy moes ook vir haar foto's stuur van waar hy is, wanneer sy dit versoek het.

Packham sê dit is korrek.

Galloway sê dat hy ook vir kollegas gevra het om hom te beskerm.

Packham sê dit is so.

Meer oor:  Kaapstad  |  Gesinsgeweld  |  Hof  |  Packham-Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.