Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Packham tot 22 jaar tronkstraf gevonnis

  • Rob Packham verskyn Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad waar regter Elize Steyn sy vonnis sal oplê.
  • Packham is in Mei skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Gill.
  • Hy het Gill op 22 Februarie 2018 vermoedelik in hul huis in Constantia, Kaapstad, vermoor en haar lyk in die kattebak van haar eie groen BMW gelaai voordat hy die motor by die Dieprivier-treinstasie gaan los het. Hy het die motor later aan die brand gesteek om van die bewyse ontslae te raak.
12 Jun. 12:27:01

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die verrigtinge. 


12 Jun. 12:24:19

Gill se suster huil baie. 

12 Jun. 12:23:46

Die hof verdaag. 

12 Jun. 12:22:50

Packham is dus tot 22 jaar tronkstraf gevonnis. 

12 Jun. 12:22:27

Twee jaar van die vier jaar vir die laaste aanklag sal samelopend uitgedien word.

12 Jun. 12:21:13

Steyn vonnis Packham tot 20 jaar tronkstraf vir moord en vier jaar vir regsverydeling. 

12 Jun. 12:20:24

Steyn: Packham het geen berou getoon nie.

Hy het nooit gesê hy mis sy vrou nie en het geen simpatie getoon nie.

Daar is baie redes vir die hof om 'n swaarder straf op te lê. 

Verswarende omstandighede weeg swaarder as die versagtende omstandighede. 

12 Jun. 12:17:45

Steyn praat nou oor die verswarende faktore. 

Steyn: Gill was middeljarig. Sy is deur haar man vermoor. Hulle het twee dogters gehad. 

Gill is twee keer baie hard teen die kop geslaan, sy het na hom gekyk vir respek en beskerming. Sy het finansieel tot die familie bygedra. 

Die motief is nie duidelik nie. 

Gill was baie ontsteld oor die buite-egtelike verhouding, maar het berading gekry en aan haar huwelik gewerk, maar haar man het voortgegaan met die buite-egtelike verhouding. 

Wat hy gedoen het met haar lyk, is baie ernstig. Hy het haar lyk in die kattebak gesit en rondgery om 'n plek te soek om die lyk te los.

Die impak op die kinders is groot en hulle is geskok.

12 Jun. 12:15:11

Steyn: Dis moeilik om 'n geregverdige vonnis te vind nadat die beskuldigde se skuld bewys is. Rakende die belange van gemeenskap moet 'n sterk boodskap gestuur word. 

'n Mens kan nie stry nie, ons ondervind 'n baie hoë vlak van moord op vroue. In hierdie saak is Gill in haar huis vermoor en daar is getuienis aangebied. Dit is die mees algemene misdaad wat plaasvind.

Sulke oortreders moet 'n gepaste vonnis kry sodat die gemeenskap nie hul vertroue in die howe verloor nie. 

Packham het 'n plig gehad om sy vrou te beskerm en haar nie te vermoor nie. 

12 Jun. 12:09:53

Packham skud heeltyd sy kop in skynbare ongeloof terwyl die regter haar vonnis oplê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.