Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Packham tot 22 jaar tronkstraf gevonnis

  • Rob Packham verskyn Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad waar regter Elize Steyn sy vonnis sal oplê.
  • Packham is in Mei skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Gill.
  • Hy het Gill op 22 Februarie 2018 vermoedelik in hul huis in Constantia, Kaapstad, vermoor en haar lyk in die kattebak van haar eie groen BMW gelaai voordat hy die motor by die Dieprivier-treinstasie gaan los het. Hy het die motor later aan die brand gesteek om van die bewyse ontslae te raak.
12 Jun. 12:09:25

Steyn lees nou regspraak oor die vlak van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. 

Steyn: Die hof kan ook nie die belange van die gemeenskap oorbeklemtoon nie. 

Steyn fokus baie op wat vir vroue in Suid-Afrika geregverdig is - om beskerm te word en sonder bekommernis in die straat te kan loop sonder om bedreig te voel. 

12 Jun. 12:07:38

Steyn praat nou oor die belange van die gemeenskap.

Steyn: Vroue en kinders moet altyd beskerm word. 

Hofsake oor die geweld teen vroue en kinders is algemeen, daarom is 'n swaar straf soms geregverdig om as afskrikmiddel te dien.

12 Jun. 12:06:17

Rob Packham toe hy vroeër Woensdag die hooggeregshof in Kaapstad binnegekom het. Foto: Jaco Marais

12 Jun. 12:05:43

Steyn: Gill het 'n grusame dood gesterf. Die graad van geweld was buitensporig. Hy het haar in haar eie huis vermoor waar sy deur hom beskerm moes word. 

Die beskuldigde het toegelaat dat Gill doodgaan. Hy het sy manlikheid misbruik. Hy was oneerbiedig teenoor Gill en hoe sy voel. 

Hy was veronderstel om sy vrou en dogters te beskerm. 

Die dood van Gill het 'n gat in die lewe van haar dogters en ander gesinslede gelos. 

Sy sal nooit die geluk in haar kinders se lewe ervaar nie.

12 Jun. 12:03:50

Steyn: Min is gesê oor Packham se persoonlikheid. Hy het vir 'n kollega gevra om vir hom te lieg om 'n alibi te verskaf. 

Hy wou nie die polisie help met die ondersoek nie. Hy was selfgesentreerd en het op sy dogters gesteun vir inligting oor die ondersoek. 

Hy het gekla oor die polisie se optrede. Hy het nie belanggestel in sy vrou se dood nie. 

12 Jun. 12:02:00

Steyn: Hy is al 'n geruime tyd in hegtenis nadat hy sy borgtogvoorwaardes verbreek het. 

Die dogter van die beskuldigde het gesê hy was 'n goeie pa.

Die hof het gepraat oor 'n moonlike onderonsie tussen Packham en Gill nadat sy haar mening gelig het oor vertrouenskwessies. 

Die hof het bevind dat daar geen voorbedagte rade was nie, maar die hof glo ook nie dat hulle 'n klein argument gehad het nie.

Niks in sy agtergrond regverdig 'n ligter straf nie, ook nie dit wat sy dogter getuig het nie.

Hy was oneerlik en het sy vrou se lewe beëindig, sy wat by hom gestaan het vir byna 31 jaar. Hy het 'n buite-egtelike verhouding gehad en nadat hy vir sy vrou vertel het, het hy voortgegaan daarmee.

12 Jun. 11:58:58

Steyn het gesê sy het Packham se persoonlike omstandighede en alles in ag geneem, maar die kwessie wat die hof nou mee sit is of die hof 'n swaarder of ligter vonnis moet oplê. 

Steyn: Die hof kan afwyk van die minimum vonnis, maar kan dit nie ligtelik doen nie. 

Oor die relevant faktore is die beskuligde 58 jaar oud. Ek voel nie hy is bejaard nie, sy twee dogters is volwasse en hulle bly nie in Kaapstad nie. Hy was 'n hooggeplaaste by sy werk. Hy is 'n gesonde, middeljare man. 

In sy lewe het hulle finansieel swaargekry en hy was vir sewe maande werkloos. Gill het toe die familie  ondersteun. Hy was 'n hoofbestuurder by Twizza en is in 2018 afgedank.

12 Jun. 11:54:06

Rob Packham sit Woensdagoggend in die hooggeregshof in Kaapstad waar regter Elize Steyn sy vonnis oplê. Foto: Jaco Marais

12 Jun. 11:53:17

Steyn is besig met regspraak oor die afwyking van 'n minimum vonnis en vereistes waaraan voldoen moet word. 

12 Jun. 11:52:44

Steyn: Die erns van die misdaad is voor die hand liggend, dis moord en regsverydeling en dra 'n minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf. 

'n Ligter vonnis kan opgelê word as daar versagtende omstandighede is - maar die hof het die diskressie om ook 'n swaarder straf op te lê. 

Die hof sal redes moet verskaf indien dit afwyk van 15 jaar tronkstraf. 

Die staat het betoog dat die hof 'n swaarder straf kan oplê as 'n mens na die moord kyk. 

Die verdediging wil egter 'n ligter vonnis hê. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.