Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Saak teen sakeman wat sê toetse is met virus besmet

In 2012 het ’n Kaapstadse sakeman beweer hy het die beendere van die driejarige Britse meisie Madeleine McCann gevind. Nou is hy weer in die nuus met beweringe dat die koronavirus-toetse juis met die koronavirus besmet is.

Stephen Birch se een Facebook-profiel.Foto: Facebook

In Julie 2012 het Stephen Birch (54) aangekondig dat hy McCann se beendere gevind het naby die vakansieoord van waar sy in Mei 2007 in Praia da Luz aan Portugal se suidkus verdwyn het.

Birch het toe gesê dat hy sy vonds aan Scotland Yard en die Portugese polisie oorhandig het. Van daai sogenaamde vonds van Birch het daar egter toe niks gekom nie.

Die naweek het Birch met sy omstrede stellings weer nuus gemaak nadat ’n video waarin hy Suid-Afrikaners aanraai om hulle nie vir die koronavirus te laat toets nie, soos blits op sosiale media versprei is.

Stephen Birch se ander Facebook-profiel.Foto: Facebook

Volgens Birch het ’n Britse koerant onlangs bekend gemaak dat duisende toetstoestelle wat gebruik moes word om mense te toets, glo reeds met die koronavirus besmet was.

Op ’n vraag oor hoe hy weet dat die inligting in die Britse koerant akkuraat is, het Birch gesê die gesprek is nie oop vir debat nie en dat hy weet wat hy weet.

Hy het Maandag gesê dat mense sy boodskap verkeerd verstaan. “Ek sê nie dat mense nie getoets moet word nie. Wat ek sê, is dat hulle nie met die toestelle waarin die stokkie in jou neus en keel gedruk word, getoets moet word nie. Mense se bloed moet eerder getrek word om hulle vir die virus te laat toets.”

Birch het gesê Suid-Afrikaners moet daarop aandring dat geen toetstoestel uit China of enige ander Europese land gebruik word nie. “Ons moet net Suid-Afrikaans vervaardigde toestelle gebruik en waar daar toetstoestelle van ander lande gebruik word, moet die Suid-Afrikaanse regering eers die toestelle toets om seker te maak dat dit nie met die virus besmet is nie.”

Hy het gesê Suid-Afrika en Afrika is tans van die lande met die laagste syfers van mense wat met die koronavirus besmet is en hy vrees dat sou Suid-Afrikaners met die “besmette” toestelle getoets word, die syfers kan styg.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JULY 7:  (SOUTH AFRICA O
Stephen Birch in 2012. Foto: Getty Images

Op ’n vraag of hy nie dink dat sy video en die inhoud onverantwoordelik is nie, was sy antwoord: “Nee, wat ek in die video sê, is nie onverantwoordelik nie.”

Volgens hom sit die nuwe 5G-tegnologie eintlik agter die koronavirus. Die tegnologie word volgens hom nou wêreldwyd van stapel gestuur om gewone landsburgers se elke beweging dop te hou.

“Dis die bestraling van die tegnologie wat mense siek maak. Wuhan was een van die eerste plekke wat 5G-tegnologie gekry het, maande later toe begin mense daar siek word. So ook in New York. Ons moet nie dat dit hier gebeur nie,” het Birch gesê.

Intussen het die DA ook ’n saak teen Birch by die polisie aanhangig gemaak.

Siviwe Gwarube, DA-woordvoerder oor gesondheid, het gesê Birch se video is misleidend, onakkuraat en die inhoud is skadelik.

Ingevolge ’n regulasie onder die Wet van Rampbestuur, wat geld tydens die Covid-19-ramptoestand in die land, is dit onwettig om fopnuus te versprei wat pogings ondermyn om die virus te bestry en mense kan strafregtelik vervolg word.

Oortreders kan tot ses maande tronkstraf opgelê word.

Kol. Brenda Muridili, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek die video en dat brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, later volledig kommentaar sal lewer.

Meer oor:  Siviwe Gwarube  |  Kaapstad  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus  |  Fopnuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.