Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Só lyk Zuma se siekbrief

Die “siekbrief” wat oudpres. Jacob Zuma se regspan Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingehandig het ter verduideliking vir waarom hy nie in dié hof kan verskyn nie, het die staat en die regter met meer vrae as antwoorde gelaat.

Regter Dhaya Pillay het uitgewys die siekbrief is onvoldoende en vaag.

Probleme daarmee:

* Daar word nie gesê watter siekte Zuma het nie.

* Dit lui “aptekersafskrif”, maar Zuma se regspan kon nie verduidelik wat dit beteken nie.

* Die letters HCP verskyn daarop, wat ook nie deur Zuma se regspan verduidelik kon word nie.

* Verder word genoem dit is ’n leke-prognose wat gemaak is.

* Die datum op die mediese sertifikaat is verander en die verandering is nie geparafeer nie.

* Dit is ook nie duidelik of die persoon wat die brief onderteken het, ’n geregistreerde dokter is of nie.

Wat sê Zuma se prokureur?

- Dan Mantsha, Zuma se prokureur, sê dit is ’n dokument van die 1 Militêre Hospitaal in Pretoria.

- Die regter kan dit nie in twyfel trek nie.

- Die dokter wat die siekbrief onderteken het, is saam met Zuma in die buiteland waar hy behandeling ontvang, en is daarom nie in die hof om daaroor te getuig nie.

- Hy kan nie glo dat ’n mediese sertifikaat met ’n militêre stempel daarop nie aanvaarbaar is nie.

Hy sê die gesondheid van ’n voormalige president is ’n saak van belang vir die land en die weermag. Die dokter wat die sertifikaat onderteken het, is ’n militêre dokter.

Oudpres. Jacob Zuma se siekbrief
Oudpres. Jacob Zuma se siekbrief. Foto: Verskaf
Zuma se siekbrief
Zuma se siekbrief

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Siektebrief  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.