Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Vrou in hof ná sy polisie byna jaar lank ontduik

’n Vrou van Port Elizabeth wat byna ’n jaar lank voortvlugtig was, is weer agter tralies.

Rhonda Zeelie (36) is in September verlede jaar in die handelshof in Port Elizabeth skuldig bevind aan bedrog, maar het kort voor haar vonnisoplegging spoorloos verdwyn.

Rhonda Zeelie is in hegtenis geneem nadat sy glo byna ’n jaar lank voortvlugtig was. Foto: Lulama Zenzile

Zeelie het as administrateur en verkoopklerk meer as R479 000 by haar werkgewer, Chris Bury Appliances, gesteel. Sy het tussen 2017 en 2018 geld wat vir die maatskappy bedoel was, na haar private bankrekenings oorgeplaas.

Met haar skuldigbevinding in September is haar borgtog van R2 000 verleng, hangende haar vonnisoplegging in Oktober. Toe die dag aanbreek waarop Zeelie haar lot moes aanhoor, is die hof egter meegedeel dat sy het gevlug het.

Lwando Zenzile, nasionale woordvoerder van die Valke, het gesê Zeelie het die polisie byna ’n jaar lank ontduik, maar lede van die ondersoekspan het haar Vrydag opgespoor.

Na verneem word, was Zeelie sedert haar ontvlugting in KwaZulu-Natal.

Zeelie het Maandag in die handelshof verskyn. Daar is nie in die hofverrigtinge oor haar ontvlugting uitgebrei nie. 

Anlen Murray van die Regshulpraad, wat voorheen Zeelie se prokureur was, het gesê haar mandaat het verstryk die oomblik toe Zeelie se borgtog ingetrek is.

Gevra of sy weer om regshulp aansoek wil doen, het Zeelie gesê sy het ’n dag of twee nodig om haar eie prokureur aan te stel.

Familielede van Zeelie wat die hofsaak bygewoon het, het gesê hulle was teleurgesteld toe hulle uitgevind het dat sy gevlug het. Volgens haar oom het sy byna ’n jaar geen kontak met hulle gehad nie.

“Ons stem nie saam met wat sy gedoen het nie, maar ons is hier om haar te ondersteun. Ons hoop sy neem verantwoordelikheid en dien haar vonnis uit sodat sy eendag weer oor kan begin.”

Zeelie moet weer op 23 September in die hof verskyn.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Polisie  |  Voortvlugtig  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.