Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Vrou van ‘Boersoek’ in hof

Toanette Els (23) van Modimolle (Nylstroom) het Woensdag vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn op ’n aanklag van bedrog.

Sy is een van die toptien deelnemers aan die kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou se elfde seisoen, wat later vanjaar uitgesaai word.

Sy en Alicia Viljoen, haar prokureur, het geweier om te praat oor die saak.

“Ons kan niks sê nie omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie,” sê Viljoen.

Toanette Els Woensdagoggend buite die landroshof in Modimolle. Foto: Deaan Vivier

Els se lang donker hare was in ’n bolla bo-op haar kop vasgemaak. Sy het bleek gelyk en haar vinnig uit die voete gemaak nadat sy die hofgebou verlaat het.

Els is in Julie in hegtenis geneem nadat Jana Smit, ’n inwoner van Modimolle, ’n klagte van bedrog by die Modimolle-polisiekantoor aanhangig gemaak het.

Els is ’n wildboer van Modimolle en is betrokke by Rangers in Training. Sy het vroeër vanjaar op Facebook ’n veldwagterskursus geadverteer.

Smit het haar dogter, Christa, vir die kursus ingeskryf. Die kursus is glo etlike kere uitgestel.

Els het in Junie op ’n deposito van R10 000 aangedring, wat Smit betaal het. Die kursus sou op 1 Julie op ’n plaas buite Middelburg in Mpumalanga begin.

Foto: Deaan Vivier

Els het Smit glo kort voor die aanvang van die kursus gebel en gesê dit is weer uitgestel. Sy het gesê Smit kan haar geld terugkry.

Smit het “genoeg gehad” van die kursus wat uitgestel word en toe ’n klagte van bedrog teen Els ingedien.

Els het die R10 000 eers op 23 Julie, drie dae nadat sy van bedrog aangekla is, aan Smit terugbetaal.

Foto: Deaan Vivier

Smit het toe gesê sy is jammer vir Els.

Die saak teen Els is vir verdere ondersoek tot 14 September uitgestel.

Wilmer Müller, woordvoerder van Boer soek ’n vrou, sê hulle hou die hofsaak dop.

Hy sê verfilming aan die 11de reeks het al in Februarie begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.