Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Wolseley-man op borg vrygelaat ná bakleiery

Die man van Wolseley wat aangekla word van aanranding met die doel om ernstig te beseer ná ’n bakleiery weens padwoede, is Vrydag op borgtog vrygelaat.

Morné Nel (29), ’n plaaslike buurtwaglid, is Donderdag in hegtenis geneem en het Vrydag in die landdroshof in Wolseley verskyn. Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die aanklagte spruit uit ’n voorval waarin Nel en die bestuurder van ’n Toyota Tazz-motor stry gekry het.

Nel, wat nie aan diens was ten tyde van die voorval nie, is glo volgens ’n ooggetuie met ’n mes gesteek.

Nel sit bo op De Bruin en hou sy hand in die lug, waarna hy hom hard deur die gesig klap. Foto: Skermgreep

’n Video is wyd op sosiale media versprei waarin ’n mens kan sien hoe Nel op die man, wat op sosiale media as Bradley de Bruin geïdentifiseer is, sit en sy kop oplig voordat hy hom deur die gesig slaan. Nel lig ook in die video sy hemp op om vir omstanders ’n rooi kol op sy maag, vermoedelik ’n meswond, te wys.

Carlo de Bruin, Bradley se jonger broer, het Vrydag gesê Bradley het steke gekry aan sy linkeroog, albei sy oë en dele van sy gesig en nek is blou. Hy is egter by die huis.

Nel het ook mediese hulp gekry vir sy meswond ná die voorval.

Volgens ’n ooggetuie, wat nie geïdentifiseer wil word nie, het omstanders alles probeer om die twee uitmekaar te hou.

Die onderonsie het glo ontstaan omdat Nel die regterbaan met sy geparkeerde Ford Ranger-bakkie geblokkeer het. Albei partye het toe glo uit hul voertuie geklim en begin baklei.

Die saak is uitgestel tot 17 September vir verdere ondersoek.

Meer oor:  Wolseley  |  Bakleiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.