Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KZN-plaasmoord: Moordenaar kry lewenslank

Daar is nog baie vrae oor die dood van sy boetie wat herhaaldelik gesteek en gewurg is in sy kamer op ’n plaas naby Port Shepstone in KwaZulu-Natal.

Shaun Preston het Dinsdag gesê met Luan (31) se moordenaar uiteindelik agter tralies, kan die familie nou aanbeweeg.

“Ons sal Luan nooit vergeet nie en niks sal my boetie terugbring nie. Ons het baie vrae, maar om te weet sy moordenaar gaan vir ’n lang tyd agter tralies wees, maak dit ’n bietjie makliker om aan te beweeg.”

Luan se moordenaar, Vincent Cele (33), is Maandag tronkstraf van 25 jaar vir moord, agt jaar vir roof en 12 jaar vir huisbraak in die hooggeregshof in Pietermaritzburg opgelê. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.

Preston sê Luan se dood het die familie swaargetref.

Die lewe is so kort, ek maak seker dat ek daagliks met my oudste boetie, Ivan, praat.

“Dit was veral moeilik om die afgelope drie weke tydens die hofverrigtinge die persoon te sien wat my boetie van ons weggeneem het.

“Wat nog erger was, is toe die beskrywing van Luan se wonde in die hof voorgelees is. Hy is 14 keer gesteek of gesny – in die bors en nek, in die gesig, sy kop en een oor,” sê Preston.

Netwerk24 het vroeër berig Luan is op David’s Farm buite Port Shepstone vermoor. Iemand het op 15 Junie op sy lyk in sy blyplek afgekom. Selfone, ’n televisiestel en juweliersware is gebuit.

Die Preston-familie is dankbaar vir die Port Shepstone-polisie se vinnige optrede. “Die speurders en polisie het ongelooflike goeie werk gedoen om die verdagte vas te trek. ’n Maand en ’n dag ná sy dood, het hulle sy moordenaar aangekeer.”

Preston sê hy probeer positief bly. “Dis seer. Ons mis hom. My ouers sukkel om sy dood te verwerk. Ek kan my nie indink hoe moeilik dit vir hulle is om ’n kind te verloor nie, ek kan net die pyn op hul gesig sien, maar ek is bly dat ons as familie nou almal baie nader aan mekaar lewe.

“Die lewe is so kort, ek maak seker dat ek daagliks met my oudste boetie, Ivan, praat.”

Reëlings word nou getref om Luan se as te strooi. “Ons wou dit nie doen voordat die hofsaak afgehandel is nie. Nou kan ons finaal totsiens sê.”

Meer oor:  Shaun Preston  |  Port Shepstone  |  Kwazulu-Natal  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.