SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Hof
Laaste staatsgetuie in De Zalze-saak vandag in hof
Henri van Breda, verlede week in Hof 1 van die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Lulama Zenzile

Een verdagte. Een byl. Een getuie.

Wanneer die vermeende gesinsmoordenaar Henri van Breda Maandag weer in die Kaapstadse hooggeregshof in die beskuldigdebank staan, is daar slegs een staatsgetuie nog op die staat se lys, wie se getuienis kan bepaal of hy skuldig of onskuldig bevind kan word.

Die staat sal na verwagting kapt. Marius Joubert, ’n kundige wat ook in die Oscar Pistorius-verhoor oor bloedspatsels getuig het, Maandag as sy laaste getuie te roep.

Joubert sou op Maandag 14 Augustus getuig het, maar hy was siek. Nadat die getuienis van sers. Marlon Appollis van die Stellenbosse speurtak Woensdag afgehandel is, is die verhoor tot Maandag uitgestel sodat Joubert kan herstel voordat hy as getuie geroep word.

Joubert, ’n opgeleide ontleder van bloedvlekpatrone, sal getuig oor die bloedspatsels wat op die toneel in die De Zalze-spogwoning van die Van Breda-gesin gekry is.

Dit sluit in die getuienis van wat in ’n forensiese ondersoek op die slaapklere van die beskuldigde gekry is.

Joubert sal ook kan getuig oor die bloed op die wapens, ’n byl en ’n mes, wat in die moordhuis in De Zalze buite Stellenbosch gekry is.

Appollis het verlede week op vrae van regter Siraj Desai getuig dat net een byl op die moordtoneel gevind is.

Joubert sal ook meer lig kan werp op Henri van Breda se wonde. Laasgenoemde se verweer is dat ’n inbreker sy gesin met ’n byl aangeval het en hy met ’n mes gesteek is.

Hy staan tereg op drie aanklagte van moord op sy pa, Martin (54), sy ma, Teresa (55), en sy ouer broer, Rudi (22). Hy staan ook tereg op aanklagte van poging tot moord op sy suster, Marli, en regsverydeling. Hy het op 24 April skuld op al die aanklagte ontken.

Marli het die aanval oorleef, maar ly aan geheueverlies. Hoewel haar naam as staatsgetuie op die lys is, sal sy waarskynlik nie getuig nie.

* Kyk Maandag omstreeks 10:00 op Netwerk24 na ’n regstreekse uitsending vanuit die hof, asook regstreekse nuus soos wat die getuienis deur die dag verloop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.