Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seuns verkrag glo ander seun

Vyf laerskoolseuns van Thaba Nchu, buite Bloemfontein, verskyn Woensdag weer in die hof nadat hulle na bewering ’n 14-jarige seun in ’n toilet op die skoolterrein verkrag het.

Dit sal die seuns, tussen 13 en 14 jaar oud, se tweede hofverskyning in die landdroshof in Thaba Nchu wees nadat hulle Maandag ook in die hof verskyn het. ’n Maatskaplike werker het hulle Dinsdag ontmoet vir assessering.

Die hofverskynings spruit uit beweerde voorvalle verlede week by 'n skool in Thaba Nchu, sowat 70 km buite Bloemfontein, waartydens ’n seun glo verkrag is.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê die leerlinge het na bewering die seun op 5 en 6 Junie in ’n skooltoilet verkrag.

Die slagoffer was besig om die skool te verlaat toe die ander leerlinge hom glo by die hek voorgekeer en na die toilet gedwing het. Hulle het na bewering sy klere uitgetrek, hom verskeie kere aangerand en hom glo toe verkrag.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, sê die vyf seuns is Saterdag deur die polisie aangekeer.

Ndaba sê die slagoffer se ouers het eers Donderdag bewus geword van die voorval toe hulle agtergekom hul seun se gedrag het verander. Hulle het die voorval by die skool aangemeld.

Ndaba het die departement se skok oor die gebeure uitgespreek en dit veroordeel. 

Volgens hom kan die seun wat na bewering verkrag is, nie eksamen skryf nie weens die erge trauma wat hy ervaar.

Die departement het ’n maatskaplike werker na die skool gestuur om met die seun en ander leerlinge wat moontlik ook deur die seuns geviktimiseer is, te praat.


Meer oor:  Thaba Nchu  |  Geweld Teen Kinders  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.