Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lamola hoor van uitdagings met hofrolle ná bendes mekaar aanvat

Ronald Lamola, nuwe minister van justisie, het Donderdag gehoor van die uitdagings met die bestuur van hofrolle in die Johannesburgse landdroshof, nadat strydende bendes Woensdag in die hofgange met mekaar slaags geraak het.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng beëdig Ronald Lamola (regs) vroeër as minister van justisie. Foto: Felix Dlangamandla

Die bendelede van Westbury in Johannesburg was Woensdag in die hof om hul onderskeie leiers te ondersteun waar hulle in verskillende hofsale op dieselfde dag moes verskyn.

Leeroy Brown, ook bekend as Finch, het om borgtog aansoek gedoen nadat hy in hegtenis geneem is weens die moord op Reagan Jacobs in April.

Brown se aartsvyand, Keenan Ebrahim, het terselfdertyd in ’n ander hofsaal verskyn. Ebrahim is aangekla vir die moord op Bradley Sauls wat in 2018 doodgeskiet is nadat ’n motor oor hom gery het.

Ondersteuners van die twee verskillende bendes het slaags geraak in die hofgange en gewapende polisielede moes inspring om die orde te handhaaf.

Lamola het Donderdag met sy besoek aan die landdroshof gesê die hofbeamptes het ’n fout begaan deur die twee sake vir dieselfde dag op die hofrol te plaas.

Hy het gesê sulke voorvalle moet in die toekoms verhoed word.

Lamola het gesê die howe is egter toegerus om sulke voorvalle te hanteer – en dit is hoekom die polisie Woensdag baie vinnig opgetree het.

“Ons kan nie bendes en misdadigers toelaat om die gang van die regstelsel te ontwrig nie. Ons beskou Woensdag se voorval in ’n baie ernstige lig, al het die polisie vinnig opgetree.”

Lamola het gesê hy beplan om nuwe tegnologie bekend te stel wat die hofprosesse beter sal laat verloop.

Die versameling van inligting en data moet ons help om howe so te bestuur dat daar nie voorvalle soos Woensdag plaasvind nie.

Die departement van justisie het reeds hiermee begin.

“Die versameling van inligting en data moet ons help om howe so te bestuur dat daar nie voorvalle soos Woensdag plaasvind nie.”

Volgens hom is die toename in geweld waarby jong mense betrokke is, soos dwelmhandel en bendebedrywighede, ’n groot bekommernis.

Lamola het gesê hy sal in samewerking met die departement dié kwessie bespreek.

Hy het die landdroshof in Johannesburg besoek voor die hofverskyning van die 19-jarige leerling van die Forest High School in die suide van die stad wat Maandag glo betrokke was by ’n voorval waarin Daniel Bakwela (16) buite die skool doodgesteek is.

Meer oor:  Ronald Lamola  |  Johannesburg  |  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.