Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Landdros aanvaar Malema se rede waarom hy nie in hof is

’n Lasbrief vir die inhegtenisname van Julius Malema is Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein oorgehou, nadat die leier nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie.

Dit saak hou verband met ’n voorval in 2014 waarin Malema EFF-lede op ’n verkiesingskongres aangemoedig het om grond te beset.

Die EFF-leier het met sy vorige verskyning ’n aansoek gebring om nie Vrydag die hofverrigtinge weens werkverpligtinge by te woon nie.

Malema is vandag in portefeuljekomitee-sittings in die parlement.

Julius Malema
Julius Malema Foto: Felix Dlangamandla

Herklaas Venter, sy opdraggewende prokureur, het die hof om verskoning gevra dat Malema nie teenwoordig is nie. Landdros Carmen Parks het dit op rekord geplaas dat sy die versoek toestaan.

Adv. Sandie Mthethwa, namens die staat, het vir uitstel gevra vir moontlike saamvoeging van die saak met ’n saak in Newcastle, KwaZulu-Natal waar hy die uitlatings oor grondbesetting in 2016 herhaal het.

Malema verskyn dus weer op 13 Desember in die hof in Bloemfontein en weer op 4 Desember in die hof in Newcastle.

Hy word aangekla vir die oortreding van die Wet op oproerige byeenkomste van 1956.

Malema het onsuksesvol aansoek gedoen in die hooggeregshof in Pretoria dat die betrokke wetgewing ongeldig en ongrondwetlik verklaar word en dit as “apartheidswetgewing” bestempel.

Regter Audrey Ledwaba het in Julie beslis dit is niks meer as ’n poging deur Malema om die klagte teen hom teen te staan nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.