Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Landdros onttrek hom aan Bakili-verhoor

Hy ontken dit ten sterkste dat hy ’n beskuldigde in ’n bedrogverhoor voor hom gebel het, sê streeklanddros Leavit Mkansi van die streekhof in Bloemfontein.

Hy het hom nietemin Maandag in die belang van geregtigheid aan die verhoor van Stanley Bakili (37) onttrek.

Hy het geen benul hoe ’n oproep van een van sy ou selfone af in Mei 2018 na ’n nommer van Bakili gemaak is, en of dit wel gemaak is nie. Hy weet nie hoe dit kon gebeur het nie.

Hy gebruik lankal nie meer dié selfoon met dié nommer nie. Sy selfone word deur almal in sy gesin gebruik. Dit kon dalk gebeur het dat een van sy gesinslede op ’n terugbel-boodskap gereageer het, maar hy weet nie.

Kibi Stanley Bakili vroeër in die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: Alzane Narrain

Hy sê al het die staat nie genoegsame verklarings voor hom gebring om hom aan die saak te onttrek nie, het hy self besluit om in die belang van geregtigheid dit te doen.

Adv. Johan Swanepoel, die staatsaanklaer, het ook in die hof gesê in die verhoor was daar tot dusver geen teken daarvan dat Mkansi hoegenaamd partydig na enige kant toe was nie.

Mkansi het Bakili op 24 aanklagte van bedrog met valse eiendomstransaksies waarby glo sowat R1,9 miljoen betrokke is, verhoor.

’n Ander landdros sal nou met die verhoor voortgaan. Bakili moet weer op 11 Maart op die bedrogaanklagte in die hof verskyn.

* In hul ondersoek na die moord op die sakeman Louis Siemens op 10 Mei 2018 in die Prellerplein-sentrum in Dan Pienaar, het die polisie onder meer die oproepe na en van ’n selfoon van Bakili nagespoor.

Só is op ’n nommer wat op Mkansi se naam geregistreer is, afgekom. ’n Oproep van 89 sekondes lank is glo van dié nommer na ’n nommer van Bakili gemaak.

Bakili word deur die staat as die baasbrein in die Siemens-huurmoord beskou.

Meer oor:  Stanley Bakili  |  Landdros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.