Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lasbrief uit vir voormalige raadslid van Mandelabaai
Bongo Nombiba by ’n vroeëre verskyning in die handelshof in Port Elizabeth. Foto: Argief

’n Lasbrief is uitgereik vir Bongo Nombiba, ’n veroordeelde misdadiger en voormalige raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro.

Nombiba is in Maart in die handelshof in Port Elizabeth skuldig bevind aan bedrog en geldwassery. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy die munisipaliteit uit R20 000 bedrieg het. Die geld was bestem vir die Thulamangwane-gemeenskapsprojek, ’n nieregeringsorganisasie wat na bejaardes omsien en skole in die gemeenskap skoonmaak.

’n Bron na aan die saak het aan Netwerk24 gesê ’n lasbrief is Maandagoggend vir Nombiba uitgereik nadat hy ’n spertyd gemis het om in die hooggeregshof teen sy skuldigbevinding te appelleer.

Sy aansoek vir ’n appèl teen sy skuldigbevinding is deur die hooggeregshof in Makhanda (Grahamstad) van die hand gewys.

Nombiba is op borgtog vrygelaat nadat hy aangedui het dat hy teen sy skuldigbevinding gaan appelleer.

Hy het glo sake bewimpel om ’n skenking uit die diskresionêre fonds van wyk 20 in die metro van R10 000 na R30 000 op te skuif. Hy het toe ander senior lede wat by die projek betrokke was daarvan oortuig dat die R20 000 syne is, berig News24.

Hy het saam met die senior lede na die bank gegaan waar hy die R20 000 met twee onttrekkings, een van R13 000 en een van R7 000, onttrek het. Hy het van die geld in sy eie bankrekening gedeponeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.