Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lasbrief vir man wat eksvrou glo ontvoer, met mes steek

’n Lasbrief is Donderdag uitgereik vir ’n man van Port Elizabeth wat na bewering sy eksvrou op Valentynsdag ontvoer en met ’n mes gesteek het.

Dié 45-jarige man was veronderstel om Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth op aanklag van verkragting te verskyn.

Die man, wie se naam weerhou word totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het, is op borgtog in die verkragtingsaak. Nadat sy naam vier keer die oggend deur die hofordonnans in die hofgange uitgeroep is, is hy as afwesig aangeteken.

Adeline Deysel, sy prokureur, het volgens ’n ander prokureur aan die saak onttrek. Sy het geen onlangse instruksies van die beskuldigde ontvang nie en geen terugvoering of kommunikasie van die man ontvang nie.

Die hof het die lasbrief vir die man se inhegtenisneming in verband met die verkragtingsaak uitgereik en die saak tot 11 April uitgestel.

Intussen word die man ook in verband met die beweerde ontvoering van sy eksvrou deur die polisie gesoek.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het vroeër in ’n verklaring gesê die man het sy eksvrou glo die oggend van 14 Februarie by hul huis in Kabegapark ontvoer. Hy het die vrou na bewering by ’n motor ingedwing en in die rigting van Stormsrivier gery. ’n Ent voor die brug het hy haar glo met ’n mes gesteek, waarna ’n stoeiery uitgebreek het. Die man het ook ’n steekwond in sy been opgedoen.

Die motor het gerol en die man het van die ongelukstoneel gevlug. Die vrou is in ’n hospitaal opgeneem.

’n Uitgebreide soektog is deur die polisie in die digte bosse by Stormsrivier en die omliggende gebied het slegs ’n paar persoonlike items van die man opgelewer.

Toe hy laas gesien is, het hy ’n blou denimbroek, grys baadjie en swart hoed aangehad. Enigeen met inligting oor waar die 45-jarige man hom bevind, kan lt.kol. Sanet Winter by 071 475 1736 bel.

Meer oor:  Valentynsdag  |  Messteek  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.