Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lede van bende-eenheid van aanranding aangekla
Trevor Stevens se sleutelbeen van sy regterarm is gebreek nadat hy Sondag na bewering deur lede van die bende-eenheid aangerand is. Sy broer, Wayvan, is glo ook deur die bende-eenheid aangerand. Foto: Verskaf

Twee broers van Avonwood, Elsiesrivier, het Donderdag gesê dat hulle en een van hul buurvroue Sondagaand deur lede van die Wes-Kaapse bende-eenheid aangerand is.

Die twee broers, Trevor en Wayvan Stevens, sowel as hul buurvrou, Patricia Brown, het Donderdag klagte van aanranding teen lede van die bende-eenheid by die Elsiesrivier-polisiekantoor ingedien.

Volgens Natalie, Brown se dogter, het lede van die bende-eenheid Sondag by haar ma se huis in Hazelstraat, Avonwood, opgedaag.

Sy het gesê dieselfde polisielede was Vrydag ook by haar huis in Ruyterwacht. Toe sy vra wat hulle soek, het hulle glo gesê hulle kom net kyk of sy “oukei” is.

Natalie is die vriendin van Michael “Green Eyes” Adams, leier van die G-Unit-bende in Avonwood, en ook die ma van drie van sy kinders.

Sy het gesê sy was Sondag in Avonwood by haar tannie se huis oorkant haar ouerhuis toe lede van die bende-eenheid daar in drie voertuie opdaag.

Hulle was glo op soek na haar broer, wat nie in daardie stadium by die huis was nie. Die polisiebeamptes het toe glo haar ma in die huis aangerand totdat haar neus gebloei het. “Ek kon hoor hoe my ma vir hulle sê dat sy nie weet waar my broer is nie. Ek het gehoor hoe sy skreeu en huil.”

Die polisiebeamptes wou ook nie dat Natalie in die huis gaan nie en het haar glo aangesê om oorkant die pad te gaan staan.

Toe hulle haar ma ná sowat 45 minute uitbring, het haar ma vir haar geskreeu hulle het haar geslaan. Dit is toe dat sy gesien het haar ma se neus bloei.

Teen Donderdag was pers merke nog duidelik aan Trevor Stevens se lyf sigbaar. Foto: Verskaf

In die tyd het die twee Stevens-broers uit hul erf gekom en vir die polisiebeamptes gesê hulle kan nie so hardhandig teenoor ’n vrou optree nie.

Volgens Natalie en die broers het die gemeenskap oproerig geraak, waarna van die beamptes begin skiet het.

Dis in dié tyd dat hulle Natalie en die twee broers in hegtenis geneem het. Hulle is in die voertuie geboender en na ’n donker veld in die omgewing geneem waar die twee broers na bewering herhaaldelik aangerand is.

Hulle sê hulle is daarna na die Elsiesrivier-polisiekantoor geneem waar hulle aangekla is.

Maandag is hulle na die landdroshof in Goodwood geneem, maar die saak was volgens Natalie nie eens op die hofrol nie.

“Die staatsaanklaer het gesê ons moet huis toe gaan en Steven en Wayvan moet by ’n dokter of hospitaal uitkom.”

Natalie het ook gesê beweringe dat Adams uit die C-Max-gevangenis in Kokstad opdrag gegee het dat polisiebeamptes doodgeskiet moet word, is onwaar.

Daar is aanvanklik berig dat sy deur die lede van die bende-eenheid aangerand is.

Sy het gesê dit is onmoontlik vir hom om uit die tronk te bel en dat gevangenes by die tronk vir 23 van die 24 uur in ’n dag opgesluit is.

Navrae is Maandag en Donderdag na die polisie gestuur. Hulle het nie op enige van die navrae gereageer nie.

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Bende-Eenheid  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.