Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Leerling kry 10 j. vir mesmoord

’n 17-jarige leerling is Donderdag in die streekshof in Lehurutshe in Noordwes tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ’n onderwyser.

Landdros Winnie Malane het in haar vonnisoplegging gesê dat Gadimang Mokolobate koelbloedig vermoor is. “Die moord was, na my mening, vooraf beplan. Hy het nie die leerling uitgelok nie. Hy is aangeval terwyl hy gedurende ’n eksamen toesig gehou het.”

Motlalepule en Prettyboy Mokolobate, die ouers van Gadimang Mokolobate, by ’n foto van hul seun.Foto: News24

Vroeër in die dag het Malane beveel dat die media en die publiek die hofsaal verlaat nadat spanning opgelaai het toe die 17-jarige, wie se naam nie genoem mag word nie, sy opwagting in die hof gemaak het. Die hofsitting het hervat nadat nog polisielede ontbied is om die orde te handhaaf.

Mokolobate is op 13 September 2018 by die Ramotshere Moiloa High School in die Dinokana-nedersetting in Lehurutshe buite Zeerust met ’n mes doodgesteek.

Die voorval het gebeur nadat hy ’n leerling beveel het om in ’n ry te staan. Die leerling het huis toe gehardloop om ’n mes te gaan haal en met sy terugkoms die onderwyser daarmee doodgesteek.

Mokolobate het twee maande voor sy dood sy BA-graad in elektronika aan die Noordwes-Universiteit verwerf.

Mokolobate se familie beskryf hom as die broodwinner wat voor sy dood besig was om ’n huis vir sy ouers te bou. Hy word oorleef deur sy ouers, Motlalepule en Prettyboy Mokolobate, sy susters, Lerato (29), Onicca (25) en Reaobaka (19), en sy broer, Tshegofatso (18).

Meer oor:  Noordwes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.