Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Leerling vas wat ander met lepel steek oor middagete

’n Oos-Kaapse leerling sal Maandag in die landdroshof in Butterworth verskyn nadat hy glo ’n medeleerling met ’n lepel gesteek het.

Die verdagte (19) het blykbaar ’n ander leerling (19) met ’n lepel aangeval oor kos wat vir middagete by die skool uitgedeel is.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Donderdag omstreeks 12:30 by ’n skool in die Zangwa-nedersetting gebeur.

Die slagoffer is na ’n plaaslike hospitaal gehaas, maar is later na ’n hospitaal in Oos-Londen oorgeplaas.

Manatha sê die verdagte is op ’n aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem.

Brig. Ngangema Xakavu, bevelvoerder vir die Butterworth-polisiegebied, het die gewelddadige optrede van die leerling ten sterkste veroordeel, asook die slagoffer ’n spoedige herstel toegewens.

Die Oos-Kaapse departement van onderwys het die voorval bevestig en die optrede van die leerling veroordeel.

Mali Mtima, onderwyswoordvoerder, sê die departement sal stappe doen om ’n herhaling van ’n soortgelyke voorval te probeer voorkom. “Ons is ook dankbaar vir die polisie se spoedige optrede, want die veiligheid van leerlinge moet altyd prioriteit geniet,” het Mtima gesê.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Steek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.