Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Leerlinge wat glo skoolmeisie verkrag vandag in hof

Die twee leerlinge (16 en 17) wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n skoolmeisie op 28 Februarie by 'n skool in Reiger Park in Boksburg verkrag het, verskyn na verwagting Dinsdag in die hof.

Die twee leerlinge is verlede week in hegtenis geneem nadat die meisie se familie op 6 Maart 'n klag by die Reiger Park-polisiekantoor aanhangig gemaak het.

Die meisie was glo die oggend van die beweerde verkragting laat vir skool, waarna sy besluit het om oor die heining agter die skool te klim.

Konst. Jan Mokwana van die Reiger Park-polisiekantoor sê die seuns het die meisie gesien en haar glo die bosse ingesleep , waar hulle haar glo verkrag het terwyl ander leerlinge dit afgeneem het.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (FCS) ondersoek die voorval.

Dit is dieselfde skool waar die voormalige skoolhoof en drie onderwys- en skoolpersoneellede na bewering seksuele dade met leerlinge gepleeg het. Soos vroeër berig, het 'n video vroeg in Januarie 2018 aan die lig gekom, en is vermoedelik reeds drie jaar voor dit geneem.

Meer oor:  Boksburg  |  Suid-Afrika  |  Gauteng  |  Hofsaak  |  Hof  |  Geweld Teen Vroue  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.