Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Leeuwelpie-saak: 2de een op Kaapse Vlakte gesoek
Sulaiman Effendi en sy medebeskuldigdes, Rayaan Simons en Shurud Jacobs verlaat die Wynbergse landdroshof. Foto: Jaco Marais
Sulaiman Effendi
Sulaiman Effendi en sy medebeskuldigdes, Rayaan Simons en Shurud Jacobs, verlaat die Wynbergse landdroshof. Foto: Jaco Marias

Najwa Petersen, veroordeelde eggenoot van die vermoorde musieklegende Taliep Petersen, se seun, Sulaiman Effendi, is een van drie mans wat Woensdag verskyn het in die Wynbergse landdroshof nadat ’n leeuwelpie verlede week in Athlone gevind is.

Lede van die polisie se veediefstal-eenheid in Kaapstad het intussen buite die hof bevestig dat die owerhede steeds soek na ’n tweede leeuwelpie wat glo iewers op die Kaapse Vlakte aangehou word.

Effendi en sy medebeskuldigdes, Rayaan Simons en Shurud Jacobs, staan saam tereg op sowat 14 aanklagte wat met die beskerming van wilde diere verband hou.

Volgens die staat het die polisie op die leeuwelpie afgekom toe Effendi se huis deursoek is.

Die drie beskuldigdes is Dinsdag in hegtenis geneem en het Woensdag vlugtig in die hof verskyn.

Die staat het aanbeveel dat Simons en Effendi op borgtog van R5 000 elk vrygelaat word, en Jacobs, teen wie ’n ander saak hangend is, R10 000 moet opdok.

Jacobs se regsverteenwoordiger, Fatima Mia van die Schrueder Incorporated-prokureursfirma, het aangevoer dat hy ’n jong vrou en tweejarige dogtertjie by die huis het en aangedring dat die hof hom ook op borgtog van R5 000 vrylaat.

Die mans is daarna op borgtog van R5 000 elk vrygelaat en opdrag gegee om weer op 27 November in die hof te verskyn. Die saak is uitgestel sodat sekere verklarings verkry kan word. Die polisie probeer ook steeds om die oorsprong van die leeuwelpie vas te stel.

Buite die hof het Najwa Petersen se broer, Mogamad Waleed Dirk, na bewering ’n Netwerk24-fotograaf aangerand toe hy ’n foto van sy susterskind wou neem.

Dirk het na bewering eers probeer om Jaco Marais se kameras te gryp voordat hy hom glo ’n hou in die gesig gegee het.

Marais het kort ná die voorval ’n klag van aanranding en intimidasie teen Dirk aanhangig gemaak.

*Najwa Petersen dien tans 28 jaar tronkstraf uit vir die moord op Petersen.

Harold Schroëder
Harold Schroëder, speur-adjudant-offisier van die veediefstal-en-bedreigde-spesie-eenheid in Kuilsrivier. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Sulaiman Effendi  |  Najwa Dirk  |  Athlone  |  Leeuwelpie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.