Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Leeuwelpie-saak weer uitgestel

Die saak teen Rayaan Simons, Shurud Jacobs en Sulaiman Effendi, seun van die veroordeelde moordenaar Najwa Petersen, is Donderdag in die Wynberg-landdroshof tot April uitgestel.

Lede van die polisie se veediefstaleenheid saam met Simba, die leeuwelpie wat in die huis in Athlone gekry is.Foto: Verskaf

Die drie staan op sowat 14 aanklagte, wat verband hou met die besit van wilde diere sonder ’n permit, tereg.

Die aanklagte spruit uit ’n voorval in Julie verlede jaar toe lede van die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies in Kuilsrivier op ’n wenk gereageer het en glo op ’n leeuwelpie in Effendi se huis in Athlone afgekom het.

CapeNature het die leeuwelpie, Simba, van kant gemaak. Ter verdediging daarvan het die bewaringsorganisasie gesê interne riglyne en wêreldwye praktyke is in sy besluit in ag geneem.

Die drie beskuldigdes is in Augustus verlede jaar op borgtog van R5 000 elk vrygelaat en sal weer op 1 April in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.