Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Leier van vlugtelinge in Metodistekerk kry borgtog

Papi Sukami, een van die leiers van die vlugtelinge wat in die Metodistekerk in die Kaapse middestad skuil, is Donderdag op borgtog vrygelaat.

Borgtog is in die plaaslike landdroshof aan hom toegestaan nadat hy op twee klagte van roof in hegtenis geneem is.

Hy het glo twee mense van elektroniese toestelle, kameras en geld beroof.

Hoewel Sukami effe ergerlik in die beskuldigdebank voorgekom het, het hy hoflik vrae geantwoord wat in Frans aan hom gestel is.

Hy is deel van ’n groep van sowat 600 mense wat in en om die Metodistekerk op Groentemarkplein woon.

Hulle sê dat hulle weens hul nasionaliteit dikwels aangeval word, en eis dat die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge hulle na ’n ander land neem. Hul lande van herkoms sluit in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Burundi en Somalië.

Nog ’n leier, J.P. Balous, sal Vrydag in dieselfde hof op aanklagte van aanranding verskyn.

Intussen is onderhandelings aan die gang om oplossings te vind vir die onhoudbare omstandighede, onder meer weens higiëne en die beknopte lewensomstandighede, waaronder die vlugtelinge in die kerk woon.

Sukami sal op 13 Maart weer in die hof verskyn.

Meer oor:  Papi Sukami  |  Metodistekerk  |  Roof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.