Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Lesufi gee Amy’Leigh se ouers drukkie in hof

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het die media bedank vir hul teenwoordigheid by die landdroshof in Vanderbijlpark waar drie verdagtes Maandag verskyn het in verband met die ontvoering van Amy’Leigh de Jager (6).

Panyaza Lesufi praat Maandag in die hof in Vanderbijlpark met Wynand en Angeline de Jager, Amy’Leigh se ouers. Foto: Felix Dlangamandla

In die hof het Lesufi vir Wynand en Angeline de Jager, Amy’Leigh se ouers, ’n drukkie gegee en ’n wyle vertoef om ’n paar woorde van bemoediging met hulle te deel.

Lesufi het gesê dit dra sy goedkeuring weg dat Tharina Human (27) onmiddellik as onderwyseres deur die Laerskool Kollegepark geskors is.

“Hierdie is ’n baie ernstig saak,” het hy gesê en bygevoeg sy departement verwerp enige vorm van geweld teen vroue, maar veral kinders.

Lesufi het Donderdag die skool besoek waar Amy’Leigh uit haar ma se arms gegryp is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.