Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lesufi woon hofsitting by van man wat glo skole besteel
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Donderdag die hofsitting bygewoon van ’n vermeende inbreker wat skole in Gauteng teiken.Foto: Brümilda Swartbooi

’n Man wat vermoedelik by ’n vlaag inbrake by skole in Gauteng betrokke was, het Donderdag in die landdroshof in Protea, Soweto verskyn.

Johannes Khumalo (48), ’n Mosambiekse burger, het voor landdros David Mhangu verskyn.

Volgens die klagstaat was die eerste inbraak in Mei 2013 by die Sholomane Primary School. Hy het na bewering twee rekenaars en boeke ter waarde van R43 000 gesteel. Khumalo het glo tydens die inbraak ’n vuurwapen gehad. Die staat beweer dat hy in 2013 by nog ’n skool ingebreek het.

Khumalo is op 26 Mei 2016 in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

In die hof het dit aan die lig gekom dat die beskuldigde glo met inbrake op verskeie persele in onder meer die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga verbind word.

Landdros Mhangu het beveel dat die hof eers al die dossiere van die ander provinsies bekom voordat die verhoor begin.

Adv. Arnold Mbungela, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, sê sy kliënt is al lank in aanhouding en hy hoop die verhoor begin binnekort.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het die hofsaak bygewoon. Hy het buite die hof beweer dat die verdagte met 54 inbrake by skole verbind word. Dit is egter nie in die klagstaat weerspieël nie. Lesufi sê hy is nogtans verlig dat Khumalo in aanhouding is.

“Inbrake by skole in die provinsie het afgeneem sedert hy in hegtenis geneem is. Ons bly steeds hoopvol dat ons ’n sterk saak het teen Khumalo,” sê Lesufi.

Khumalo moet op 27 Januarie weer in die hof verskyn.

Johannes Khumalo (48) word daarvan beskuldig dat hy by skole in Gauteng ingebreek het.Foto: Brümilda Swartbooi

Meer oor:  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.