Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
25 jaar vir man wat vrou verwurg, lyk opkap

“Jy kan nou in vrede rus. Die hofsaak is afgehandel en ons sal mooi na jou kind kyk.”

Dít was Sondag die belofte van Shandoline Jonkers (19) se familie by haar graf nadat Rodian Williams vroeër in die rondgaande hof in Upington tot 25 jaar tronkstraf vir haar moord gevonnis is.

Williams is skuldig bevind dat hy Jonkers in Desember verlede jaar in Gamakor, Keimoes, verwurg en verskeie kere gesteek het voordat hy haar lyk opgekap en in ’n puttoilet gestort het.

Shandoline Jonkers Foto: Facebook/Shandoline Jonkers

Hy is 22 jaar tronkstraf vir moord en ses jaar vir dwarsboming van die gereg opgelê, waarvan drie jaar samelopend met die moordvonnis uitgedien moet word.

Jo-Anne Maasdorp, Jonkers se niggie, wat nou na haar dogter omsien, sê hoewel hulle tevrede is met die vonnis gaan dit Jonkers nie terugbring nie. Maar hulle kan ten minste nou met hul lewe aangaan.

Sy sê hulle het Sondag, ’n dag ná Jonkers se dogter se sesde verjaarsdag, haar graf in Keimoes besoek om haar gerus te stel dat alles afgehandel is en dat hulle mooi na haar dogter sal omsien.

Sy sê hoewel hulle aanbeweeg het, is die verlange erg vir haar kind.

“As sy speel, bel sy haar ma en wil weet hoekom sy haar nie kom haal nie, waar sy is en hoekom haar foon die heeltyd af is. Dit is hartverskeurend. Hoe verduidelik jy aan ’n sesjarige dat haar ma nooit weer terugkom nie?”

Die kind moes ook van skole verander nadat sy glo deur ander kinders by die skool gekoggel is omdat haar ma “in stukke opgekap” is.

“Alles is van haar af weggeneem. Sy sal nooit die mooi oomblikke in haar lewe met haar ma kan deel nie. Haar matriekafskeid, troudag en nog so baie ander hoogtepunte. “Sy is so klein en haar ma was so jonk en is op so ’n wrede wyse van haar en ons af weggeruk.”

Maasdorp sê die pad na genesing kan nou begin, maar dit is moeilik omdat die kind nog geen berading ná die wrede moord op haar ma ontvang het nie.

Portia van Wyk, ’n gemeenskapsaktivis, sê niemand se lewe kan aan ’n tronkstraf gemeet word nie.

“Ons dink hy is ’n redelike straf opgelê, hoewel dit nie genoegsaam voel nie. Ons is egter dankbaar dat geregtigheid geskied het.”

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Upington  |  Moord  |  Polisie  |  Hof  |  Lewenslank  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.