Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lewenslank vir tuinier wat vrou van Modimolle vermoor

Die tuinier van ’n diereliefhebber wat twee jaar gelede in haar huis in Modimolle in Limpopo vermoor is, is Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind aan en gevonnis vir die moord op haar.

Morris Maripa (53)

Morris Maripa (53) is lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Hy het Trudie Grabe (73) op 23 Augustus 2019 met ’n mes in haar nek gesteek en haar toe etlike kere met ’n groot klip teen die kop geslaan.

Die inwoners van Modimolle was geruk deur die grusame moord op Grabe. Sy was ’n groot diereliefhebber en het honde by haar huis gewas en geskeer. Sy het vir jare ook ’n hondesalon in die dorp bedryf en mense se diere opgepas terwyl hulle met vakansie was.

Maripa is Dinsdag ook skuldig bevind op aanklag van roof met verswarende omstandighede omdat hy Grabe se selfoon geroof het. Hy is op dié aanklag tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die twee vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Maripa is drie dae ná die moord op Grabe in die Witpoort-gebied naby Lephalale in Limpopo in hegtenis geneem. Oudkol. Sakkie Louwrens van Bosveld-misdaadondersoeke het die polisie destyds gehelp om hom in hegtenis te neem.

Grabe se bebloede lyk is op Vrydag 23 Augustus in die agtertuin van haar huis in Emmastraat gekry. Maripa het haar die oggend oorval toe sy in haar tuin gestap het.

Trudie Grabe (73) Foto: Die Pos

Haar hardhorende man, Dolf (75), was siek en sy het hom versorg. Hy het nie geweet sy vrou is vermoor terwyl hy in die huis was nie.

Een van Grabe se kliënte wat op die dag van die moord haar hond wou gaan aflaai vir ’n mooimaaksessie, het onraad gemerk toe Grabe nie uit die huis gekom het nie. Die vrou het gesê Grabe het altyd uitgekom wanneer sy haar motor se toeter gedruk het.

Luidens die klagstaat het Maripa vir drie jaar voor die moord vir die Grabe-egpaar gewerk. Dolf is ’n afgetrede bedryfsingenieur wat by die spoorweë in Modimolle gewerk het. Hy het ná die moord aan Rapport gesê: “My vrou was my ore, my oë en my hart.”

Die egpaar se enigste seun, Rudi, is in 2015 aan kanker dood.

Meer oor:  Trudie Grabe  |  Polokwane  |  Limpopo  |  Lewenslange Tronkstraf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.