Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Liam (2) se pa tot lewenslange tronkstraf gevonnis

Nantes Nortjé (48) is Vrydag lewenslange tronkstraf in die hooggeregshof in Bloemfontein opgelê weens die moord op sy tweejarige seun, Liam.

Liam Nortjé
Liam Nortjé

Hy is verder tot onderskeidelik vyf en drie jaar tronkstraf gevonnis weens die aanranding met die opset om ernstig te beseer op sy vrou, Cheinelle, en sy een dogter, asook ’n verdere nege maande weens die gewone aanranding op sy ander dogter.

Nantes is vroeër vandeesweek deur regter Corné van Zyl skuldig bevind aan moord op Liam.

Liam se lyk is nooit gekry nie. Hy het in November 2017 verdwyn terwyl hy in sy pa se sorg was.

Nantes Nortjé in die beskuldigdebank. Foto: Alet van der Walt/Argief

Meer oor:  Nantes Nortjé  |  Moord  |  Liam  |  Hof  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.