Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Lid van Rooimiere kry R5 000-borgtog

Die lid van die Rooimiere wat van die moord op Danie van Heerden van Meyerton beskuldig word, is vrygelaat op borgtog van R5 000.

Sabelo Patrick Dlamini (43) word aangekla van moord en die rig van ’n vuurwapen, nadat hy die 61-jarige Van Heerden na bewering tydens ’n woordewisseling doodgeskiet het.

Sabelo Dhlamini (41), ‘n veiligheidswag verbonde aan die Rooimiere, Woensdag in die stampvol streekhof in Vereeniging. Foto: Jana Marx

Hy verskyn weer op 6 Februarie in die streekhof in Vereeniging. Die saak word intussen verder ondersoek.

Streeklanddros Retha Willemse het gesê die moord is ’n skedule 5-misdryf, wat beteken die verdediging moet die hof oortuig dat die beskuldigde borgtog kan kry.

Hoewel die meriete van die saak soos die deur die staat uiteengesit, belangrik is, word daar in ’n borgaansoek wyer gekyk, het sy gesê.

Thomas Mahlobogoane, wat namens Dlamini optree, het in die aansoek gesê dat Dlamini al 20 jaar met sy vrou getroud is en drie kinders tussen die ouderdomme 12 en 19 jaar het. Hulle bly almal saam met hom in die huis.

Hy het benadruk dat Dlamini se vrou werkloos is. Die huishouding is afhanklik van Dlamini, wat R12 500 per maand voor aftrekkings verdien.

Dlamini het geen vorige skuldigbevindings teen hom nie.

Willemse het gesê dit is duidelik dat die beskuldigde voor haar nie ’n geharde misdadiger is nie.

Sy meen hy is “stabiel”. “Hy besit eiendom (sy huis). Hy is ’n gesinsman. Wat sy persoonlike profiel betref, is ek van mening dié voorval was eenmalig.”

Sy het verder gesê ’n verhoor sal waarskynlik weens die swak gehalte daarvan nie staatmaak op twee video’s wat die ronde doen en by die hof ingedien is nie, maar eerder op die verbale getuienis in die hof.

Sy het borgtog toegestaan omdat daar nie genoeg rede was om haar te oortuig dat Dlamini die saak sal wil beïnvloed of sy vervolging wil ontduik nie.

Die Rooimiere het Dlamini intussen geskors, maar hy word nog betaal, volgens sy regsverteenwoordiger.

Meer oor:  Danie Van Heerden  |  Vereeniging  |  Borgtog  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.