Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Liefdesdriehoek: Konstabel kry lewenslank plus 33 jaar

Die liefdesdriehoek tussen polisiebeamptes het ’n dramatiese hoogtepunt bereik toe ’n konstabel van Pretoria tot lewenslange tronkstraf plus 33 jaar gevonnis is.

Konst. Rishen Rampashard van die Pretoria-Wes-polisiekantoor is Vrydag meer as twee jaar ná die moord op lt.kol. Reinier Lagois (42) gevonnis.

Lt.kol. Reinier Lagois, wat in 2016 met sy eie dienspistool voor sy huis in Pretoria doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Rampashard het Lagois op 18 Januarie 2016 14 keer voor sy huis in Villieria, Pretoria, met Lagois se dienspistool geskiet.

Rampashard en Caroline Naidoo, Lagois se verloofde, was in ’n liefdesverhouding.

Hoewel Naidoo en Lagois in dieselfde huis gewoon het, was hulle glo nie op goeie voet ten tyde van die moord nie.

Naidoo was Rampashard se bevelvoerder toe hy ’n studentekonstabel was en hulle het later romanties betrokke geraak.

Kol. Fires Masilela sê in ’n verslag wat deur Mike Bolhuis van Specialised Security Services uitgereik is hy het agterdogtig geraak toe Rampashard “vreemd opgetree het” nadat Lagois geskiet is.

“Hy het gesê ‘ek het dit gedoen’ en toe hulp gevra.”

Bure van die paartjie het getuig dat hulle net ná 16:30 verskeie skote gehoor het.

Naidoo, haar dogter en die huishulp het egter gesê hulle het niks gehoor nie.

“Met Lagois uit die prentjie sal sy en Rampashard ’n beter lewe hê,” het Naidoo luidens die verslag aan Masilela gesê.

Ons kyk nou na die dossiergedeelte van die nadoodse ondersoek, wat ons baie leidrade sal gee.
Werner Koekemoer, ’n ondersoeker by Specialised Security Services.

Regter Bert Bam het Rampashard skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf en nog 33 jaar gevonnis. Dit sluit in 15 jaar weens diefstal met verswarende omstandighede, 15 jaar weens die onwettige besit van ’n vuurwapen en drie jaar weens die onwettige besit van ammunisie.

Werner Koekemoer, ’n ondersoeker by Specialised Security Services, sê hulle ondersoek nou ook die beweerde selfdood van sers. Ridwaan Mohamed Alli.

“Daar is baie ooreenkomste tussen die twee sake en dus het Alli se familie ons gevra om die saak ook te hanteer.”

Hy sê hulle vermoed vuilspel is by die selfdood betrokke.

Lagois se dienspistool waarmee hy vermoor is, is drie maande later in Alli se besit gekry.

Twee dae daarna het Alli homself glo om die lewe gebring deur hom in sy motor te vergas.

Alli se familie glo nie dat dit selfdood was nie en het Bolhuis se hulp ingeroep.

“Ons kyk nou na die dossiergedeelte van die nadoodse ondersoek, wat ons baie leidrade sal gee,” sê Koekemoer.

Meer oor:  Pretoria  |  Moordverhoor  |  Konstabel  |  Vonnisoplegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.