Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lungisa meld later aan vir tronkstraf oor ‘tegniese punt’

Andile Lungisa, ANC-raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro, sal waarskynlik Donderdag moet aanmeld om sy tronkstraf van twee jaar te begin uitdien.

Hy sal net tronkstraf kan vryspring as sy regspan voor dan ’n suksesvolle borgtogaansoek kan indien.

Maar Alwyn Griebenow, Lungisa se prokureur, het Dinsdag by navraag gesê hy het nog geen datum ontvang vir wanneer die borgtogaansoek aangehoor kan word nie.

Andile Lungisa, ’n ANC-raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Argief

Intussen het Anelisa Ngcakani, ’n streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Dinsdag gesê daar het ’n “tegniese punt” ontstaan rondom die kennisgewing wat vroeër aan Lungisa se regspan afgelewer moes word oor wanneer hy hom by die klerk van die hof vir sy tronkstraf moet aanmeld. Dit kom nadat die appèlhof in Bloemfontein die appèl teen sy vonnis verlede week van die hand gewys het.

Lungisa is in 2018 skuldig bevind op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy ’n glasbeker oor Rano Kayser, ’n DA-raadslid, se kop gebreek het op ’n raadsvergadering van die Nelson Mandelabaai-metro. Hy is effektief twee jaar tronkstraf opgelê en daarna op borgtog vrygelaat hangende die uitkoms van sy appèl.

Die NVG het vroeër gesê Lungisa se 48 uur om aan te meld vir sy vonnis sal Maandag verstryk.

Ngcakani het egter gesê die betrokke kennisgewing is eers Dinsdag korrek afgelewer en Lungisa se 48 uur verstryk Donderdag.

Lungisa het Maandag aan Netwerk24 gesê hy sal Dinsdag in die hooggeregshof in Makhanda aansoek doen dat sy borgtog verleng word.

Griebenow het gesê die hofstukke is reeds saamgestel waarmee hulle vir verlof tot appèl teen Lungisa se vonnis by die konstitusionele hof aansoek sal doen.

Die hofstukke sal binnekort aan die korrespondente uitgestuur word, waarna Griebenow hoop die aansoek sal teen Donderdag by die konstitusionele hof ingedien word.

Meer oor:  Andile Lungisa  |  Port-Elizabeth  |  Borgtogaansoek  |  Tegnies  |  Straf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.