Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lungisa-span gereed om verder te appelleer

Andile Lungisa, ’n ANC-raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro, se regspan het Maandagoggend bevestig hulle sal later die dag met hul aansoek vir die verlenging van Lungisa se borgtog begin.

Die aansoek kom nadat Lungisa vier aande in die tronk was sedert hy Donderdag by die Noordeinde-tronk in Port Elizabeth aangemeld het.

Andile Lungisa, ANC-raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro, het verlede week sy ondersteuners voor die Noordeinde-tronk in Port Elizabeth toegespreek voordat hy hom aangemeld het om sy vonnis te begin uitdien. Foto: Lulama Zenzile

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het gesê deel van Lungisa se aanvanklike borgtogvoorwaardes was dat hy homself sal oorgee as die appèlhof in Bloemfontein sy appèl verwerp.

In die appèlhof se uitspraak twee weke gelede het hy gesê daar is geen rede vir dié hof om in te gryp by die effektiewe twee jaar vonnis van Lungisa nie.

Die streekhof in Port Elizabeth het Lungisa dié vonnis in 2018 opgelê toe hy skuldig bevind is aan aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy het in 2016 op ’n plaaslike raadsvergadering ’n glasbeker oor Rano Kayser, ’n DA-raadslid, se kop gebreek.

Lungisa het egter verlede week by die konstitusionele hof aangeklop met ’n versoek vir verlof tot appèl teen sy vonnis. Lungisa hoop om hangende dié uitkoms nou sy borgtog te verleng.

Adv. Terry Price, SC, wat deel is van Lungisa se regspan, het Maandag bevestig die aansoek sal voortgaan.

Na verwagting sal die aansoek omstreeks 14:00 in die hooggeregshof in Makhanda begin.

Die ANC se provinsiale woordvoerder en verskeie plaaslike leiers het sedert Vrydag nie gereageer op navrae oor wat die tronkstraf vir Lungisa se status as raadslid inhou nie.

Voormalige leiers van die ANC-jeugliga, waarvan Lungisa ook ’n voormalige adjunkpresident is, het intussen in ’n verklaring gesê hulle sal die #JusticeForAndileLungisa-veldtog voortsit totdat geregtigheid geskied.

“Die veldtog sal alle platforms tot hul beskikking gebruik om aan die publiek bewys dat die laer howe Andile Lungisa onregverdig behandel het.

“Die (veldtog) sal onder meer ondersteun word deur die ANC-jeugliga, Sasco en Cosas in verskeie provinsies deur na die howe op te ruk totdat die saak afgehandel is.”

Meer oor:  Hof  |  Aanranding  |  Anc-Raadslid  |  Andile Lungisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.