Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
LUR moet opdok nadat koedoe voor voertuig inspring

Die LUR vir paaie in die Vrystaat is ten volle verantwoordelik vir die skade wat ’n voormalige rugbykaptein van Grey-Kollege in Bloemfontein se eerste span gely het toe hy met ’n motor ’n koedoe getref het, is in die Vrystaatse hooggeregshof beslis.

Werner Roberts

Werner Roberts (22) se planne om professionele rugby te gaan speel, is in sy matriekjaar die nekslag toegedien toe die uitgegroeide koedoebul sowat vyf kilometer van Hertzogville uit digte bosse oor die pad gespring het.

Hy boer nou saam met sy pa, Jimmy, op die plaas Newlands in dié distrik.

Hoewel die presiese bedrag van sy eis later bepaal sal word, eis Werner voorlopig R1,2 miljoen van die LUR vir skade en sy pa R183 674 vir mediese koste wat hý reeds betaal het.

Regter Johann Daffue het oor die meriete van die eis bevind as die LUR se amptenare hul werk gedoen en die bosse langs die pad uitgekap het, sou Werner waarskynlik die koedoe betyds gesien het en kon die botsing vermy gewees het.

Omdat ’n koedoe ’n relatiewe sku bok is, sou hy waarskynlik nie daar gewei het as die digte bosse nie daar was nie.

Die verwydering van die struike en bome langs die pad en om dit onder beheer te hou, sou nie ’n hoop geld kos nie.

Die LUR behoort spanne mense te hê wat gereeld na die paaie omsien.

Die LUR het besluit om nie sulke getuienis aan te bied nie en die hof is dus in die duister gelaat oor of daar wel sulke onderhoudsprogramme is en hoe dit uitgevoer word, het regter Daffue gesê.

Werner en sy destydse vriendin, Nicola van Heerden, was helder oordag op 26 Junie 2015 in haar ma se motor van Bloemfontein na Hertzogville op pad toe die botsing gebeur het.

Die verwydering van die struike en bome langs die pad en om dit onder beheer te hou, sou nie ’n hoop geld kos nie.

Nicola, destyds kaptein van die eerste netbalspan van die Hoër Meisieskool Oranje, het aan die passasierskant van die motor gesit, die kant van waar die koedoe gespring het, maar het ernstige beserings vrygespring.

Benewens erge snye aan Werner se kop, gesig en arms is veral sy regterskouer en -arm ernstig beseer. Sy linkerhand was gebreek en sy linkerknie was beseer.

Die koedoe se kop was morsaf.

Adv. Joubert Zietsman het in opdrag van Henry Buchner van Honey-prokureurs vir Roberts opgetree. Advv. Neil Snellenburg SC en L.R. Bomela het in opdrag van die staatsprokureur vir die LUR opgetree.

Meer oor:  Grey-Kollege  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.