Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
LUR moet R17 m. opdok nadat kind breinskade opdoen

Die LUR vir gesondheid in die Vrystaat moet R17 miljoen aan ’n vrou van Rouxville betaal nadat haar kind tydens sy geboorte in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein erge breinskade opgedoen het, het die Vrystaatse hooggeregshof gelas.

Die breinskade kon verhoed gewees het as die personeel vroeër ’n keisersnee op Evelyn Khoaele (23) gedoen het. Sy was 15 uur lank in kraam, blyk uit ’n deskundige verslag.

Regter Soma Naidoo het ook gelas die LUR moet Khoaele se regskoste betaal en die koste van 21 deskundige getuies wat verslae oor haar seuntjie, Lesedi (3), opgestel het.

Dié koste kan derduisende rande beloop. Die LUR is ook gelas om die R17 miljoen in drie gelyke maandelikse paaiemente te betaal. Die eerste paaiement moet op 14 Junie betaal word.

Khoaele is beveel om binne ’n jaar ’n trust vir Lesedi te skep. Die geld moet daarin betaal word. Intussen moet haar prokureur dit belê en mag hy uitbetalings maak om vir Lesedi se versorging te betaal.

Luidens die eis is hy permanent gestrem en sal hy nooit kan werk of in staat wees om vir homself te sorg nie. Hy sal vir die res van sy lewe iemand nodig hê om hom te voer en vir hom te sorg. Hy kan ook nie praat nie.

In sy verweer ontken die LUR dat die mediese personeel van die Pelonomi-hospitaal nalatig was of nie die nodige sorg toegepas het nie. Hulle het Khoaele en Lesedi na die beste van hul vermoë behandel toe hy op 7 Desember 2015 gebore is.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal  |  Bloemfontein  |  Lur  |  Hof  |  Breinskade  |  Skadevergoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.