Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Lyfstraf: Saak van geloof, sê uitspraak se kritici

Die meeste mense wat gereageer het op vandeesweek se uitspraak in die konstitusionele hof oor lyfstraf tuis, beskou dit nie net as ’n huishoudelike saak nie.

Volgens hulle is godsdiensvryheid en gehoorsaamheid aan die Bybel ter sprake.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in sy uitspraak gesê ouers sal ander maniere moet vind om hul kinders te tugtig.

Hy het ’n aansoek deur die organisasie Vryheid van Godsdiens in Suid-Afrika (For SA) van die hand gewys om ’n uitspraak van die hooggeregshof ter syde te stel dat lyfstraf in private huishoudings onwettig is.

For SA wou hê die hof moet erken dat “redelike en matige tugtiging” tuis nie onwettig is nie.

Mogoeng het egter gesê daar is verskeie grondwetlike regte wat dit wel onwettig maak.

Dit is verkeerd, sê gelowiges en verwys daarna veral hierdie twee Bybeltekste:

“ ’n Pak slae laat ’n mens ophou kwaaddoen; dit laat jou selfs ophou dink aan kwaad.” (Spreuke 20:30, 1983-vertaling); en

“Moenie huiwer om ’n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe. Jy moet hom juis slaan om hom van die dood te red.” (Spreuke 23:13-14)

Die ACDP beskou die uitspraak as “verregaande” en ’n inbraak op die regte van ouers.

“As ouers die perke van matige tug oorskry, kon hulle altyd volgens gemenereg vervolg word, soos in die geval van kindermishandeling. Dit was ’n gesonde stand van sake,” sê Steve Swart, senior ACDP-LP.

Swart beskou die twee Bybel-tekste as praktiese raad “wat tans met vrug toegepas kan word”.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag die uitspraak verwelkom, maar die VF Plus stem nie met hom saam nie.

“Waar laat dit dissipline en re­spek? Die VF Plus sê ’n goeie pak slae op die regte tyd en op die regte wyse sal respek afdwing en dissipline handhaaf.

“Dit moet aangekweek word, nie afgedwing word wanneer dit te laat is nie,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, in Woensdag se debat oor geslagsgeweld in die parlement gesê.

Wessel van den Berg van die organisasie Sonke Gender Justice sê weer daar is baie interpretasies van die Bybel wat praktyke bevorder wat nie meer in die moderne samelewing toegepas word nie.

“Soos slawerny. Ons implementeer dit nie meer nie. Verder heg ons Grondwet waarde aan geloof­standpunte, maar menseregte is op ’n hoër vlak geplaas as geloofstandpunte. Mense het daarom vryheid van geloof, maar binne die konteks van basiese menseregte, soos byvoorbeeld om veilig te voel. Dit is wat deur die hof beskerm word.”

Meer oor:  Mogoeng Mogoeng  |  Lyfstraf  |  Konstitusionele Hof  |  Bybel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.