Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma (62) hof toe ná seun, 2 vriende se gifdood

’n Pensioentrekker van Aliwal-Noord verskyn Dinsdag op drie aanklagte van moord in die hof nadat sy glo haar dwelmverslaafde seun en twee van sy vriende vergiftig het.

Die 62-jarige vrou het glo verlede Dinsdag gif in haar 28-jarige dwelmverslaafde seun se kos gegooi.

Hy het glo dié kos gedeel met twee vriende van onderskeidelik 19 en 32 jaar oud. Al drie het siek geraak en is na ’n hospitaal gebring, waar hulle later dood is.

AO Moitheri Bojabotseha, ’n polisiewoordvoerder, sê die ma het verlede week ná die dood van die mans gebieg en erken dat sy gif in haar seun se kos gegooi het.

Hy sê die seun was glo ’n dwelmverslaafde wat sy ma se lewe hel gemaak het.

Die 62-jarige vrou verskyn Dinsdag in die plaaslike landdroshof in Aliwal-Noord nadat sy Vrydag in hegtenis geneem is.

* Ellen Pakkies het in September 2007 haar seun, Abie, ook ’n dwelmverslaafde, vermoor.

Die vernedering, leuens, aanrandings en diefstal wat deur haar seun se verslawing veroorsaak is, het haar laat knak en sy het hom verwurg. Daarvoor het sy ’n opgeskorte vonnis van drie jaar gekry en 280 uur se gemeenskapsdiens.

Meer oor:  Aliwal-Noord  |  Aanklagte  |  Gif  |  Kos  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.