Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma aangekla ná 2-jarige skedelbreuk opdoen

Die 24-jarige ma van ’n tweejarige meisie is Woensdag in Virginia, in die Vrystaat, in hegtenis geneem en van kindermishandeling aangekla nadat haar dogtertjie verlede week weens skedelbreuk in die hospitaal opgeneem is.

Die ma is op borgtog vrygelaat, maar albei haar kinders, die tweejarige en ’n eenjarige meisie, is Woensdag in die sorg van hul onderskeie pa’s geplaas.

Die pa van die kind wat tans in die hospitaal aansterk, sê hy is in die wolke oor die verwikkelinge.

“Ek het Woensdag verjaar en dit was ’n goeie dag. Eers het ek volle toesig oor my kind gekry en toe ek die middag by die hospitaal kom, is sy op en wakker en aan die gang.”

Die meisie is op 29 Oktober in die Mediclinic Welkom opgeneem, maar weens die ernstige aard van haar beserings na Bloemfontein se Mediclinic oorgeplaas waar sy ’n noodoperasie moes ondergaan. Benewens die skedelbreuk is een van haar arms gebreek en het sy soveel bloeding op die brein gehad dat sy vier eenhede bloed moes ontvang.

Teen Woensdag kon sy al regop sit en met haar pa gesels en hy is optimisties dat sy ten volle sal herstel. Sy moet egter arbeidsterapie en fisioterapie kry.

Die pa sê hy het reeds in Junie vanjaar begin vermoed dat alles nie pluis is met sy kind nie. Hy sê daar was gereeld kneusplekke aan haar lyfie en brandplekke wat soos sigaretbrandmerke gelyk het. Haar een hand was ook in ’n stadium erg gebrand en die ma het volgehou dat die kind haarself in die bad gebrand het.

’n Dokter het aan hom gesê die brandplek lyk meer soos ’n brand weens kookwater as badwater.

Die pa, wat in Gauteng bly, het glo tevergeefs om hulp by twee maatskaplike werkers aangeklop.

Engo Gesinsorg het verlede week bevestig dat hy tans besig is met ’n ondersoek na die beweringe van pligsversuim teen ’n maatskaplike werker van Virginia.

Die name van die betrokke ouers word weerhou om die kinders se identiteite te beskerm.

Meer oor:  Vrystaat  |  Virginia  |  Gesondheid  |  Skedelbreuk  |  Kindermishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.