Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma hang dogter (7) uit desperaatheid aan balk op

’n Ma van Hoopstad in die Vrystaat het glo haar sewejarige dogtertjie met ’n tou aan ’n balk opgehang omdat hulle geldelik baie swaargekry het.

Dit word in die klagstaat teen Sarah Kwitsi (28), die kind se ma, beweer.

’n Familievriend het op 28 Oktober verlede jaar afgekom op klein Lesego wat aan ’n dakbalk van haar ma se huis gehang het.

Die staat beweer dat Kwitsi weens geldelike probleme nie haar skuld kon betaal nie en dat daar geen kos in die huis was nie.

Sy het na bewering uit desperaatheid besluit om haar dogtertjie dood te maak en daarna haar eie lewe te neem.

Nadat sy Lesego aan die balk opgehang het, kon sy nie iets in haar huis opspoor om haarself mee te hang nie.

Volgens die staat het sy toe na die winkel gestap.

Enkele minute later het ’n familievriend op die kind se lyk afgekom.

Kwitsi is die volgende oggend in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding. Sy is intussen toerekeningsvatbaar bevind en sal verhoor kan word.

Haar verhoor is in Junie op die rol van die rondgaande hooggeregshof in Virginia.

Meer oor:  Vrystaat  |  Hoopstad  |  Moord  |  Dogter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.