Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma kry afsluiting nadat 7-jarige se moordenaar gevonnis is

’n Man wat ’n sewejarige meisie in 2017 naby Klerksdorp in Noordwes verkrag en vermoor het, is twee keer lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Verkrag en vermoor: Buhle Goxo (7)

Regter Nick Laubscher het Samual Salayedwa Mkhondwane (45) die afgelope week in die rondgaande hof in Klerksdorp gevonnis weens die moord op en verkragting van Buhle Goxo. Die twee lewenslange vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Nokuzola Goxo, Buhle se ma, het Riekie Krause, die staatsaanklaer, bedank vir haar knap werk in die hof. Die verhoor is binne twee weke afgehandel nadat dit vroeg in September begin het.

“Ek weet die vonnisse kan nie my kind terugbring nie, maar nou kan ek afsluiting kry omdat geregtigheid geskied het,” het Goxo op ’n Klerksdorpse nuuswebwerf se kommentaarkolom geskryf.

Krause kla aan vir die polisie se eenheid vir seksuele oortredings en gemeenskapsaangeleenthede.

“Ek is verlig die saak is afgehandel, nou kan Mkhondwane nie nog kinders seermaak nie,” het Krause Maandag gesê.

Buhle is op 12 Julie 2017 laas lewend gesien. Haar lyk is die volgende dag in ’n verlate huis in die Jouberton-township gevind. Sy is verkrag en verwurg, het sers. Amolegang Mabihi, polisiewoordvoerder in Klerksdorp, gesê.

“Die meisie se ouma (by wie sy vir die vakansie gekuier het), het haar nie dadelik as vermis aangemeld nie omdat sy gedink het Buhle is by vriende.”

Nadat die meisie se lyk gevind is, het mense in die gemeenskap Mkhondwane, wat in die omgewing woon, dadelik verdink.

“Hy was op borgtog vrygelaat weens ’n ander saak waarin hy ook van seksuele oortredings met ’n kind beskuldig is,” sê Mabihi.

Nadat die meisie se lyk gevind is, het mense in die gemeenskap Mkhondwane, wat in die omgewing woon, dadelik verdink.

“Mense was ook agterdogtig omdat kinders gereeld by Mkhondwane se woonplek gesien is.”

Die polisie kon hom egter nie dadelik in hegtenis neem nie omdat daar niks was wat hom met die misdrywe en moordtoneel verbind het nie.

“Hulle het wel ’n DNS-monster van hom geneem,” sê Mabihi.

Die uitslae wat veel later bekend geword het, het hom met die misdrywe en die misdaadtoneel verbind. Mkhondwane is gevolglik in Julie 2018, ’n jaar ná die verkragting en moord op Buhle, in hegtenis geneem.

Mkhondwane is ook verlede week sewe jaar tronkstraf opgelê weens poging om ’n seksuele misdryf met ’n negejarige meisie te pleeg. Dis vir dié saak dat hy op borgtog vrygelaat was toe hy Buhle vermoor het. Sy vonnis hiervoor word ook samelopend met die lewenslange vonnisse uitgedien.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Noordwes  |  Vermoor  |  Verkrag  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.