Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma laat dogter, skoonseun finaal bankrot verklaar
Laetitia en Darren Collins
Laetitia en Darren Collins Foto: Facebook/Laetitia Collins

’n Voormalige advokaat van Bloemfontein en haar dokter-man is in die hooggeregshof in Bloemfontein finaal bankrot verklaar.

Adv. Laetitia en dr. Darren Collins (albei 33) het in April na Ierland verhuis en skuld van miljoene rande hier agtergelaat, lui hofstukke in die hooggeregshof.

Regter Joseph Mhlambi het albei se voorlopige sekwestrasies Donderdag bekragtig.

Margaretha Magdalena Albertse (67), adv. Collins se ma wat as tikster en boekhouer by haar dogter se praktyk gewerk het, het die twee aansoeke om hulle te sekwestreer, by die hof ingedien. Hulle skuld haar saam nog R180 000.

Benewens die verbandskuld van R4,2 miljoen op twee eiendomme in Lilyvale by die stad het hulle skuld

van etlike honderdduisende rande vir oortrokke rekenings, kredietkaarte en lenings by banke en ander

instellings agtergelaat, lui die hofstukke.

Die twee bevele wat Mhlambi vandeesweek uitgereik het, sal per e-pos op hulle beteken word.

Albertse sê in hofverklarings haar dogter het skuld van R1,8 miljoen vir lenings en kredietkaarte en haar skoonseun het skuld van R1,1 miljoen.

Albertse woon nou in Hoedspruit in Limpopo. Tot einde Maart het sy in Bloemfontein ’n woonstel by haar

dogter gehuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.