Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma op borgtog ná kinders glo met yster gebrand is

Die 27-jarige vrou wat verlede week in Randfontein in die weste van Johannesburg in hegtenis geneem is omdat sy haar kinders na bewering met ’n strykyster gebrand het, sal aan die einde van die maand weer in die hof verskyn.

Sy het die kinders van onderskeidelik vyf en sewe jaar oud na bewering met ’n strykyster op hul hande en bene gebrand omdat hulle haar kos geëet het.

Volgens Hendricks is die kinders sedertdien in die sorg van maatskaplike werkers.

Carmen Hendricks, polisiewoordvoerder, het Maandag by navraag aan Netwerk24 gesê die vrou was in aanhouding maar is Donderdag ná haar hofverskyning op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die vrou se naam word nie bekend gemaak nie om die kinders se identiteit te beskerm.

Volgens Hendricks word sy van kindermishandeling en aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla.

Sy het die kinders na bewering gebrand omdat hulle glo haar KFC-hoender geëet het.

’n Onderwyseres wat verlede Dinsdag gesien het dat die kinders gebrand is, het die owerhede in kennis gestel.

“Die vrou is in haar woonstel in Greenhills in hegtenis geneem. Sy het Donderdag in die landdroshof in Randfontein verskyn en borgtog is toegestaan. Die saak is tot 30 April uitgestel.”

Volgens Hendricks is die kinders sedertdien in die sorg van maatskaplike werkers.

Meer oor:  Randfontein  |  Yster  |  Borgtog  |  Hof  |  Ma  |  Gebrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.