Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma van beweerde ontvoerde babaseun gaan getuig
Karabo Tau
Die borgtogaansoek van Karabo Tau, die 18-jarige matriekleerling wat aangekla word van die ontvoering van Kwahlelwa Tiwane, het Dinsdag hervat. Foto: Maygene de Wee

Die borgtogaansoek van Karabo Tau, die 18-jarige matriekleerling wat daarvan aangekla word dat sy ’n baba ontvoer het, het Dinsdag in die landdroshof in Bellville hervat.

Die staat het Maandag op die derde dag van Tau se borgtogaansoek aangedui dat hy Asanda Tiwane, ma van die twee maande oue Kwahlelwa Tiwane van Khayelitsha, gaan roep om te getuig.

Tau word daarvan aangekla dat sy die baba, een van tweelingseuns, op 16 Januarie in Parow ontvoer het.

Tau is op 17 Januarie in hegtenis geneem. Sy het die Maandag die eerste keer in die hof verskyn.

Die ondersoekbeampte, sers. Solomzi Nguda, het onder meer getuig dat sy haar as ’n maatskaplike werker voorgedoen het. Sy het glo mense gesoek wat werkloos is en wou hulle help met “koepons vir kospakkies”.

Die babaseuntjie se ma is die dag van die beweerde ontvoering glo saam met haar na haar “kantoor” in Parow. Hulle het egter nooit by die kantoor uitgekom nie en die baba is na bewering ontvoer.

Die hof het ook tydens kruisondervraging van Nguda gehoor dat Tau die dag van die beweerde ontvoering in die skool was.

Sulaiman Chotia, haar prokureur, het aan Nguda gesê dat daar kringtelevisiemateriaal is wat wys dat sy die skool om 15:30 verlaat het.

Haar Xhosa-onderwyser het ook in ’n brief bevestig dat sy op die middag van die beweerde ontvoering tot 15:00 in die skool was.

Die saak teen ’n tweede beskuldigde, Tau se gewese kêrel Ely Kibunda (22), is tot 3 Februarie vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Hy is verlede Vrydag by sy ouerhuis in hegtenis geneem.

Die babaseuntjie word steeds vermis.

Meer oor:  Karabo Tau  |  Belville  |  Landdroshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.