Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma verkrag glo haar 10-jarige seun
Argieffoto ter illustrasie.

’n Ma van Bloemfontein is in aanhouding nadat sy na bewering haar eie seun, wat nou tien jaar oud is, seksueel aangerand en verkrag het.

Sy word onder meer daarvan aangekla dat sy hom gedwing het om met haar orale en anale seks te hê.

In ’n voorlopige klagstaat in die Bloemfonteinse landdroshof beweer die staat dat die vrou (48) verskeie kere oor ’n aantal jare met die seun gelol het.

Sy het na bewering sekere dinge aan hom gedoen en hom gedwing om soortgelyke dinge met haar te doen.

Later het sy hom glo gedwing om anale seks met haar te hê, beweer die staat.

Die vrou is verlede week in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Haar verhoor is tot 22 Desember uitgestel, wanneer sy formeel om borgtog sal aansoek doen.

Netwerk24 verneem die beweerde dade het aanvanklik in ’n woonstel in Bloemfontein en later in ’n huis in Hilton gebeur.

Die vermoede is dat dit glo begin het toe die seun vyf of ses jaar oud was. Hoe ouer hy geword het, hoe erger het haar dade geraak.

Die seun woon die laaste paar maande nie meer by sy ma nie. By sy huidige blyplek het die bewerings glo in ’n gesprek uitgekom en dit is by die polisie aangemeld.

Meer oor:  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.